Die vermeende middelman in die Jayde Panayiotou-moord het Woensdag weer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Alles vir Donderdag 10 Mei 2018
Resep: Brosbrood
Druk hierdie brosbroodhartjies uit en gee dit vir ʼn ma vir Moedersdag!
ANC-hoë wend hom tot hooggeregshof
Andile Lungisa is skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy met opset ʼn glasbeker oor die kop van Rano Kayser, die voormalige burgemeesterskomiteelid vir vervoer, stukkend geslaan het tydens ʼn chaotiese Nelson Mandelabaai-raadsvergadering.
Hartseer storie van klompie uit SA in VAE-rugby
Dis ʼn hartseer storie dié van ʼn handjievol Suid-Afrikaners wat toetsrugby vir die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) speel.
Treindrywer vermoor: Drie hoor hul lot
Pieter Barend Botha (46) is op 11 Julie 2016 by die Netreg-stasie in die Wes-Kaap beroof en vermoor.
Nuuskommentaar: Die buiteland, my buurman
Moderne tegnologie het ’n streep getrek deur die dae toe regerings ’n alleenseggenskap oor buitelandse betrekkinge gehad het. Dié les leer die ANC nou oor sy nuwe beleid van grondonteiening op die harde manier. Die stryd het skaars begin, maar reeds is die aanduidings daar dat dit positief kan afloop.
Boek: Kate in harmonie
Dit is ʼn aangrypende lekkerlees-jeugverhaal oor tweede kanse en die kragtige band tussen ʼn spesiale ruiter en ʼn spesiale perd.
Jongste bewerings teen Manana ook deur parlement ondersoek
“Daar word van staatsamptenare verwag om hulself te gedra op ʼn manier wat gepas is vir hul amp en status as eerbare lede van die parlement, sowel binne as buite die parlement.”
Vandag se sportnuus
By die Madrid Ope het Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson die ongekeurde Mikhail Kukushkin in drie stelle geklop.
‘Wantroue in regstelsel laat burgers reg in eie hande neem’
“Gegewe hierdie situasie kan ʼn mens verstaan waarom vigilante-geregtigheid, hoewel dit in beginsel verkeerd is, toenemend voorkom en waarom private sekuriteitsfirmas so sterk in die middelklas groei.”
Regering wil verjaring van seksuele misdade hersien
Die regering wil wetgewing hersien wat die vervaldatum bepaal tot wanneer die staat vermeende misdadigers kan vervolg vir misdaad, spesifiek seksuele oortredings.
Polisieman wat van diens af is, help boewe vastrek
Die polisiebeampte was met verlof toe hy deur ʼn WhatsApp-boodskap bewus geword het van verdagtes wat op pad was om ʼn plaaslike winkel te beroof.
Waarnemende premier in Noordwes aangestel
Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, sal dalk nie nou uit sy amp bedank soos hy Dinsdag aangevoer het nie, maar hy is wel tans met verpligte verlof.
Gedagte vir die dag: Kommer steel jou vertroue in God
Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Korintiërs 12:9)