Net een van die Europese klubspanne waarby Suid-Afrikaners ʼn leidende rol speel, kon die afgelope naweek ʼn titel in die Europese reekse wen.
Lees meerAlles vir Saterdag 12 Mei 2018
Bulls klop Sharks ʼn tweede keer
Die Bulls wou Saterdag op Loftus uit die staanspoor hardloop en het dit effektief gedoen, maar toe kom die Sharks, buit hulle foute uit en oorheers die eerste 20 minute of so ná rustyd.
Seun (17) kritiek ná trein hom tref
Die voorval het in Johannesburg plaasgevind.
Nóg ʼn kapitaal-inspuiting vir SAL
Die vakbond Solidariteit het bevestig dat hy voortgaan met sy hofaansoek om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) onder sakeredding te plaas nadat die regering aangekondig het dat ʼn verdere kapitaal-inspuiting van R5 miljard aan SAL toegestaan gaan word.
‘Sluipmoordpoging’ op Natu-adjunk misluk
Die voorval is as ʼn sluipmoordpoging bestempel.
Stormers se aspirasies kry ʼn knou
Die Stormers se aanslag om die voorste Suid-Afrikaanse span in die Superreeks te word, het ʼn kwaai slag gekry toe hulle Saterdag teen die Chiefs slae gekry het.
Man gevonnis vir gru-moord op oom
“Sy oom het van hom probeer weghardloop, maar hy het hom tot in die tuin agtervolg, hom platgetrek en bo-op hom gaan sit en hom toe vermoor.”
Nóg twee politieke moorde in KZN
Die name van dié leiers is nou deel van die lang lys leiers wat onlangs in dié provinsie vermoor is.
ʼn Era word begrawe ná nóg ʼn stoeilegende sterf
Wanneer die laaste kluite Dinsdag in die graf van dié stoeilegende val, word ʼn era van bekende name soos dié van Jan Wilkens, Tarzan Jacobs, Percy Hall, Frikkie Alberts en Kalahari ook afgesluit.
Oud-Griekwa behaal 20 punte vir Hongkong
ʼn Gewese Curriebekerspeler van Griekwas het Saterdag 20 punte met die skopskoen vir Hongkong teen Korea in die Asiatiese Rugbykampioenskap behaal.
Voortrekkermeisies by monument aangeval; nóg ʼn voorval ure later
“Ons is geweldig getraumatiseer oor dié twee voorvalle wat etlike ure uit mekaar plaasgevind het.”
‘Ons kán misdaad bekamp, maar ons moet dit sáám doen’
“Ons organisasie is maar nog jonk, en ons het gedink as ʼn jong organisasie het ons baie om te leer by ʼn organisasie soos AfriForum wat al vir jare lank veg om misdaad te bekamp.”
Superrugby: Sopoaga kelder die Lions ook
Hulle sê weerlig slaan nie twee keer op dieselfde plek nie.
Polisie krap kop ná 14de voet op strand uitspoel
Die jongste ontdekking is glo vroeër vandeesweek gemaak deur ʼn man toe hy laatmiddag op die strand gaan stap het.
Uitstel gevra vir halfjaareksamens
Die studenteorganisasie Sasco het vandeesweek geëis dat hoëronderriginstellings se halfjaareksamens uitgestel word.
Man sterf toe hy vir polisie probeer vlug; nog 3 vas
Hoewel die polisie die pad laat versper het, het die bestuurder deur die versperrings gejaag en uiteindelik in die baan vir aankomende verkeer op die hoofweg beland. Die bestuurder het in ʼn poging om vir die polisie te vlug sy eie lewe geneem.
Aanval by moskee: Valke ondersoek ekstremisme
Die Valke ondersoek tekens van ekstremisme weens die manier waarop die aanval plaasgevind het.
Nasionale busstaking duur voort ondanks aanbod
Die vakbond Numsa het Vrydagaand laat gesê die nasionale busstaking sal voortduur ten spyte van ʼn goedgekeurde aanbod wat werkgewers vroeër dié week aan die unies gemaak het.
Vrou, kind (2) vermoor; man se liggaam aan boom aangetref
Die liggame van die 23-jarige vrou en sy tweejarige seuntjie is in ʼn plas bloed in die gesin se huurhuis aangetref.
Gedagte vir die dag: Toegerus deur God
Wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Hebreërs 13:5)