Die vakbond Solidariteit het vandag sy aksieplan bekend gemaak in reaksie op die besluit deur Amerikaanse owerhede om nie die Suid-Afrikaanse staal- en aluminiumbedryf vry te stel van invoertariewe op staal en aluminium nie.
Lees meerAlles vir Maandag 14 Mei 2018
Valke ondersoek ploftoestelle in Verulam
Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het ʼn tuisgemaakte ploftoestel in die Imam Hussein-moskee in Verulam, KwaZulu-Natal gevind.
16 vuurwapens op plaas gesteel
Die polisie is op soek na drie persone wat by ʼn huis op Matekula-plaas in Waterval-Boven in Mpumalanga ingebreek en 16 vuurwapens gesteel het.
Oudpolisieman weer in hof vir moordsaak
Drie mans, wat tereg staan op aanklag van moord waartydens ʼn oudpolisiebeampte se vuurwapen glo gebruik is, het Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth begin.
Verkragting by universiteit: Saak uitgestel
ʼn 29-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy twee studente aan die Nelson Mandela-universiteit verkrag het, het Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth verskyn.
Vier uit SA behaal punte in Roemeense liga
Vier spelers uit Suid-Afrika het Saterdag punte behaal in die laaste weekronde van die Roemeense Superliga.
Busstaking is verby
Die einde van die nasionale busstaking, wat al sedert 18 April voortduur, het aangebreek.
Dank Dlamini af, vra Outa
Bathabile Dlamini moet voor die einde van Maandag reageer op Ngoepe se verslag wat op 4 April by die konstitusionele hof ingedien is
Voormalige DA-premier keer terug na ANC
Die voormalige premier van die Oos-Kaap, Nosimo Balindlela, het uit die Demokratiese Alliansie bedank om weer by die ANC aan te sluit.
ToekomsVenster: Die wet van die geseëndes
Hoe anders is die koninkryk van God nie wanneer ons dit vergelyk met die magte en kragte van die wêreld waarin ons leef nie?
Gholf: Charl verdien R10 miljoen met goeie setwerk
Die Spelers-kampioenskap op TPC Sawgrass in Florida het net op die regte tyd vir Charl Schwartzel aangebreek.
Foto’s: Talle beseer toe koeldrankvragmotor, ander bots
“Toe ons 07:12 by die toneel opdaag, kon daar vasgestel word twee vragmotors en drie voertuie het gebots en het tot stilstand gekom in die middel van die kruising,” het Russel Meiring van ER24 gesê.
Bejaardes op Moedersdag vermoor: ‘Ek gaan julle vir altyd mis’
“Die polisie se jare lange gebrek aan misdaadintelligensie, en populistiese uitsprake deur ANC- en EFF-politici, skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid.”
Varsgebekkig: kriekspring
Die Varsgebekkig-woord van die week is “kriekspring”
Woord: bittereinder
Die woord van die week is “bittereinder”
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 14 Mei 2018
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Twee metrobeamptes vas oor ‘omkoopgeld’
Volgens die EMPD is die gemerkte banknote in die metropolisiebeamptes se besit gevind.
Hond waak lank langs eienaar se liggaam
ʼn Bejaarde vrou van Port Elizabeth se getroue hond het vermoedelik dae lank by haar liggaam gewaak nadat sy wreed in haar huis in Somerstrand vermoor is.
Oom Herrie se kerrie: Van halfpennies tot talente
’n Halwe pennie, vir diegene wat oud genoeg is om te onthou, kon in ’n stadium vir ’n man twee Wilson-toffies lewer. Maar ’n man moes ’n yslike klomp tuinwerk doen en nog die kar was voor hy ’n halfpennie ryker geword het.
Hond skiet per ongeluk sy eienaar
ʼn Hond het per ongeluk sy eienaar in die been geskiet, toe die twee op ʼn rusbank gespeel het.