Waarskynlik die grootste skandaal in die geskiedenis van wêreldrugby, te wyte aan opperste nalatigheid en arrogansie aan die kant van die rugbybase, is op die koop toe ʼn flagrante skending van die Wêreldbeker se integriteit.
Lees meerAlles vir Dinsdag 15 Mei 2018
Denel-hoof se bedanking ʼn ‘oorwinning’
“Dié bedanking kom na volgehoue druk deur die vakbond teen Ntshepe en ander korrupte bestuur in Denel.”
Man sterf in Kaapstad-brand
“Daar kon ongelukkig niks vir hom gedoen word nie, hy was reeds weens verskeie beserings dood.”
Molefe petisioneer na hoogste hof van appèl
Brian Molefe, die voormalige hoof van Eskom, het teen die uitspraak van ʼn volbank regters van die Noord-Gautengse hooggeregshof, dat sy pensionuitbetaling onregmatig was, gepetisioneer.
Mooinooi-vroue: Fout met DNS
“Ons is nou terug waar ons begin het.”
Twee hoërskoolseuns sterf tragies
“Hul stemme vol lag word nou in die hele skepping gehoor.”
ToekomsVenster: Die wet van versoening
Hoor die trane van die Koning wanneer Hy sê: “Laat staan jou gawe en gaan maak eers reg.”
SA doen streng stappe teen Israel
Sisulu het Dinsdag gesê behalwe vir die Suid-Afrikaanse ambassadeur wat onbepaald uit Tel Aviv teruggeroep is, is die toekoms van die Israelse ambassade in Pretoria ook onseker, met die afgradering daarvan wat al meer na ’n uitgemaakte saak lyk.
Skote klap by Jhb-winkelsentrum
Drie verdagtes is in hegtenis geneem ná ʼn rooftog Dinsdagoggend by die Cresta-winkelsentrum in Johannesburg.
Werker se oë en mond toegebind tydens aanval
“Paramedici het die maskeerband verwyder en die man, wat onbeheersd gehuil het, behandel. Hy het later die beamptes ingelig dat sewe verdagtes hom aangehou het en gedreig het om hom dood te maak.”
Ma ‘het rustigheid’ al weet sy nog nie baba is dood
“Ons het haar byvoorbeeld gevra wat is die tatoeëermerk op haar bors, dan antwoord sy dit is Reanei, haar baba, se naam.”
SA kry eerste kripto-kitsbank
Die eerste kripto-kitsbank in Suid-Afrika wat met geldeenhede soos Bitcoin, Dash en Ethereum werk, sal einde dié week in Gauteng in gebruik geneem word.
Die wêreld in foto’s – 15 Mei 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.
‘DA-reputasie aan flarde, moet nou op kiesers fokus’
Dit lyk deesdae of die DA net nie ʼn voet reg kan neersit nie. Waar het dit alles begin verkeerd loop vir die party, hoekom sukkel hulle so en kan die situasie nog beredder word? Maroela Media het met ʼn paar kenners hieroor gaan gesels:
Só het ‘Binnelanders’-temalied sy ontstaan gehad
Altesaam dertien jaar gelede was Jak de Priester maar nog ʼn opkomende kunstenaar toe hy genader is om ʼn temalied vir ʼn nuwe dramareeks te skryf. Nou verklap dié sanger vandag die storie agter die storie en presies hoe dié liedjie gebore is.
King Louis van Wyk: ‘Ek tree nou uit omdat ék wil’
Louis van Wyk het in sy eerste onderhoud in bykans tien jaar openhartig met Maroela Media gesels oor die musiekbedryf, wat hom gekou, ingesluk en uitgespoeg het.
‘Kapingslagoffer’ vas ná hy jok oor voorval
By verdere ondervraging het die man aan die polisie erken dat sy aanvanklike verklaring wat hy afgelê het nie waar is nie.
Afrikaans is #onmisbaar!
Jou taal gee jou unieke menswees vastrapplek … dis wie jy is en waar jy emosioneel tuis voel en getuig van jou kulturele hartklop.
‘Model’ op Instagram laat mense kopkrap
Daar is egter een groot verskil tussen Miquela en ander bekende modelle.
Mosie van wantroue in Makhura misluk
Gwen Ramokgopa, LUR vir gesondheid in Gauteng, het tydens die mosie van wantroue-debat aan die wetgewer gesê dat die ANC die wense van die families van die Life Esidimeni-slagoffers respekteer dat hierdie tragedie nie gebruik moet word vir “politieke punte” nie.