Patricia de Lille is Dinsdag weer in haar pos as burgemeester van Kaapstad aangestel nadat sy ʼn dringende aansoek teen die politieke party in die hooggeregshof in Kaapstad gewen het.
Alles vir Dinsdag 15 Mei 2018
Twee vas wat glo bank van R3 miljoen beroof
Twee mans wat na bewering ʼn bank in Klerksdorp in Noordwes beroof het deur hulle as SBV-veiligheidswagte, kompleet met valse identiteitsbewyse, voor te doen, het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Denel se hoof bedank
Michael Kgobe, die hoof van Denel se lugvaartafdeling, is as die tussentydse groephoof aangestel.
Wanneer gaan die Bokke begin oefen?
Rassie Erasmus is ʼn rugbyafrigter wat alles haarfyn beplan – elke dag, elke uur, elke minuut.
Minister takel AfriForum
Die regering het vanoggend sy mees afwysende houding tot dusver ingeneem teen die burgerregtegroep AfriForum se veldtog om buitelandse steun teen grondonteiening te werf.
Barclays Africa se adjunkhoof bedank
Kort nadat die Barclays Africa-groep aangekondig het dat David Hodnett, uitvoerende adjunkhoof van Barclays Africa en Absa-bank, twee maande sabbatsverlof sal neem, het die groep Dinsdag Hodnett se bedanking aangekondig.
Esbé Koster-moord: ‘Dit was ʼn ware tragedie’
“Dít was die gedrag van ʼn geharde misdadiger. Dit is verbasend dat hy [ten tyde van die moord] net 16 jaar oud was.”
Nóg omstredenheid rakende koninklike troue
“Dit is ʼn baie moeilike en persoonlike tyd vir Meghan in die dae voor haar troue.”
Sakeman sterf maande ná wrede plaasaanval
“Hy het die afgelope twee tot drie weke erg gely. Dit is maar baie rof vir my ma, maar dit is ʼn verligting dat hy nie meer ly nie.”
Curriebeker-enkelronde nie die ware Jakob
Die verkorte Curriebekerreeks doen niks om die aansien en passie vir die eens trotse kompetisie te herstel nie
Britte kry nou rooibos-lattés by Starbucks
“In ʼn streek waar 60 miljard koppies tee jaarliks gedrink word, met meer as 1 200 variasies om van te kies, is dit ʼn groot eer vir rooibos om deur die Britte verwelkom te word.”
Esbé Koster se moordenaar gevonnis
Die jong man wat erken het dat hy Esbé Koster (50), ʼn sekretaresse van ʼn skool in Brits in Noordwes, koelbloedig vermoor het, is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis.
Volkswagen herroep duisende nuwe Polo’s
Die motorvervaardiger Volkswagen het Dinsdag bevestig dat hy duisende van sy nuwe Polo’s gaan herroep weens ʼn moontlike veiligheidskwessie.
Man vas vir 2-jarige se skietdood
“Die seun het in die straat gespeel toe ʼn koeël hom in die kop getref het.”
Renosterstropery: China skenk trokke aan Namibië
Die Chinese regering gaan 30 vragmotors, wat 4×4-aangedrewe is, en kamptoerusting aan Namibië skenk in ʼn poging om renosterstropery, waarmee Chinese inwoners verbind word, te bekamp.
Boek: Waar rats die Ribbok gaan… Briewe van Elsabe Steenberg
Hierdie is ʼn versameling briewe wat Elsabe geskryf het aan Elizabeth Venter, die samesteller se vrou.
Foto’s: SA regering onttrek ambassadeur ná Gasa-geweld
Die geweld is bestempel as ʼn vlak van bloedvergieting wat nog nie voorgekom het sedert die gewelddadigste tye van Israel se 2014-oorlog in die gebied nie.
Nuuskommentaar: Nou moet ons positief bly
Gaan elke vorm van die uitlewing van groepsidentiteit, en veral die afweer van die bedreiging daarvan, nou so verkeerd wees dat dit rassisties is en Hitler sou ondersteun? Iewers moet tog ’n fatsoenlike middeweg wees, al word die indruk gewek dat enige sweempie van ’n groep wat die rug styf maak eintlik van die bose is.
Oud-Stellenbosser druk vir Bermuda in RAN-stryd
ʼn Produk van die Stellenbosse Rugbyakademie (SRA) het Saterdag een van Bermuda se drieë teen die VSA-Suid Panthers in Rugby Amerikas-Noord (RAN) se kampioenskap gedruk.
Valke-lid vas vir rooftogte
Die Valke het een van sy eie lede in hegtenis geneem in verband met ʼn transito- en bankrooftog.