Die hooggeregshof in Port Elizabeth het Woensdag gehoor dat inligting wat tydens ʼn geheime polisie-operasie versamel is en veroordeelde moordenaar Christopher Panayiotou geïmpliseer het, nie teen hom gebruik mag word nie.
Lees meerAlles vir Woensdag 16 Mei 2018
Nuwe biometriese ID-databasis bekendgestel
Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het Woensdag gesê sy departement is steeds, ondanks ʼn beperkte begroting, vasberade om die nasionale identifikasie-databasis ten volle te digitaliseer.
Guptas: Gesprekke met VAE om uitlewering te bespoedig
Michael Masutha, die minister van justisie, het Woensdag gesê hy is in gesprek met die ambassadeur van die Verenigde Arabiese Emirate in Suid-Afrika om ooreenkomste oor uitlewering en gesamentlike regsbystand te bespoedig.
Dept stoor of verkoop nie meer onwettige perlemoen
Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, het Woensdag gesê sy departement sal nie meer gekonfiskeerde vis en perlemoen stoor of verkoop nie.
Klubrondomtalie: groot skokke by Goue Leeus
Die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker het ʼn klompie groot skokke opgelewer, wat daarop dui dat die magsewewig in dié bond ʼn verwisseling kan ondergaan.
ANC-jeugliga vra SA om alle bande met Israel te verbreek
Die ANC-jeugliga het Woensdag ʼn beroep gedoen op die regering om alle diplomatieke bande met Israel te verbreek.
Ministers aangetree oor byna R14 miljard skuld aan Eskom
LP’s het Woensdag beslis dat die interministeriële taakspan, wat munisipaliteite ondersoek wat nagenoeg R14 miljard aan Eskom skuld, na die parlement ontbied sal word.
Mangat-moord: Getuienis in twyfel getrek
“Was dit jou bedoeling dat die oorledene se liggaam onbepaald in die mangat bly?”
ToekomsVenster: Die wet van kuisheid
Moenie dat jou oog jou laat struikel en jou uiteindelik verlore die ewigheid instuur nie. Jesus se radikale opdrag sê: Pasop waarna jy kyk!
Ysingwekkende teorie oor vermiste vlug MH370
ʼn Span lugvaartkundiges het dié week tydens ʼn paneelgesprek op die Australiese joernaalprogram 60 Minutes ʼn ysingwekkende teorie voorgelê wat volgens dié span aanleiding tot die MH370-lugramp in 2014 gegee het.
Groot terugslag vir Parys-boere-verhoor
Die opspraakwekkende verhoor van ses mans van die Parys-distrik in die Vrystaat wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers, het Woensdag sy grootste terugslag nóg beleef.
Tshwane-hoë op spesiale verlof ná mediaberigte
Marietha Aucamp, die stad Tshwane se hoof van personeel, is op spesiale verlof geplaas ná dié bewerings aan die lig gekom het.
Maak ʼn bankrekening met jou gesig oop
Celliers het gesê dié funksie sal die bank toelaat om van ʼn digitale innoveerder te groei tot ʼn data-gedrewe, kontekstuele platform wat die bedryf op sy kop gaan keer.
Statistiek vertel in dié stadium die SA storie
Statistiek is nie alles nie, dit weet ons almal. Dit is veral ook só omdat dit van toepassing op die verlede is.
Die wêreld in foto’s – 16 Mei 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Queen op pad na die silwerdoek
Aanhangers van die rockgroep Queen sal nie kan wag vir dié fliek nie.
Drie nou van moord aangekla ná wrede plaasaanval
Die drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met die wrede aanval op Piet Els (86) en sy vriendin, word nou van moord aangekla nadat Els Dinsdag dood is.
Vyf binne ure ná rooftog aangekeer
“Hulle het toe na bewering die assistente ingelig dat hul daar is om die winkel te beroof. Daar het nog twee verdagtes by hul aangesluit.”
Sibanye-Stillwater kan Lonmin red mits …
Die platinummyngroep Lonmin sê dat hy sowat 12 600 mynwerkers oor die volgende twee jaar kan aflê indien die Mededingingskommissie gaan sloer met ’n aansoek dat die groep saam met Sibanye-Stillwater uitgekoop word.
Wending in mangat-moordsaak
Die verhoor van vier mense wat aangekla word van die moord op Danie Dreyer (64), ʼn afgetrede polisiebeampte en sakeman van Pretoria wie se liggaam in ʼn mangat gestort is, het Woensdag ʼn onverwagse wending in die stad se hooggeregshof geneem.