Brasilië het Saterdag die eerste span geword om die nuwe Suid-Amerikaanse Sesnasiesreeks te wen – met ʼn tikkie hulp uit Suid-Afrika.
Lees meerAlles vir Sondag 20 Mei 2018
1 dood, vyf beseer in trompop botsing
“Een van die vier mans wat kritiek beseer is, het aan sy beserings beswyk. Twee ander is matig beseer.”
1 dood, 2 beseer toe motors trompop bots
“Paramedici het die liggaam van ʼn man, vermoedelik 47 jaar oud, in die bestuurdersitplek van een van die motors aangetref.”
Dis mos nou wat die Supersportreeks nodig het
Dis mos nou presies wat die Superportreeks nodig het om die belangstelling gaande te maak – ʼn klompie naelbytstryde soos min.
Chaos in Parkwood
“Skade is aan sakeondernemings in die omgewing aangerig. ʼn Ambulans is ook met klippe bestook en sake van kwaadwillige saakbeskadiging is aanhangig gemaak,” het die polisie gesê.
10 in Limpopo vas oor dagga
Die polisie het beslag gelê op duisende rande se dwelms in dié provinsie.
Motor tref 3 kinders op sypaadjie
Drie kinders is Sondagoggend beseer toe ʼn motor hulle getref het terwyl hulle op ʼn sypaadjie geloop het.
Moto GP: Derde oorwinning in ʼn ry vir Marquez
Die vyfde Moto GP van die seisoen is Sondag op Le Mans in Frankryk voor 105 000 toeskouers gejaag.
Direkteur gebruik glo ‘die mense se geld’ vir eie gewin
“Daar word beweer dat July Maphosa, direkteur van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling se program vir volhoubare lewensbestaan, glo geld gesteel het en onder meer vir sy vriendin ʼn nuwe motor gekoop het en meubels vir sy huis.”
Derde transitoroof binne 4 dae in Gauteng
Die polisie is op soek na agt gewapende verdagtes wat in ʼn bruin Audi A4 van die toneel gevlug het.
Verklein kabinet nou, vra DA
Die jaarlikse salarisuitgawe vir die huidige 35 ministers en 37 adjunkministers beloop R163,5 miljoen.
Drie vermeende renosterstropers vas
Daar is R200 000 kontant en ʼn oor, ʼn neus en ʼn stert wat vermoedelik aan ʼn witrenoster behoort in die motor aangetref.
All Black-keurders verras nie (wat anders het ons verwag?)
Wanneer Rassie Erasmus volgende Saterdag sy Springbokgroep van sowat 40 spelers bekend maak vir die komende toetse teen Wallis en Engeland, sal daar ’n groot gebrom wees, wees maar verseker daarvan.
Minister van sport eis Mallet, Botha se skorsing
Vuyo Mhaga, woordvoerder van die minister, het in ʼn verklaring gereageer en gesê die minister veroordeel “hierdie voortgesette gedrag van wit geregtigheid in die sport van rugby.”
Korea steeds in wedloop na 2019 se Wêreldbeker
Korea is steeds in die wedloop om ʼn plek in aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan los te slaan.
Ramaphosa: ‘Jeugwerkloosheid SA se grootste probleem’
Hy meen almal deel die verantwoordelikheid om die vaardighede van jong Suid-Afrikaners te ontwikkel en te verseker dat dié vaardighede strook met die behoeftes van ons ekonomie.
Bokke druk drie keer in Engelse halfeindstryd
Twee Springbokke het Saterdag saam drie drieë in die halfeindronde van die Engelse Premierliga gedruk.
Superrugby: Nog ‘n droewige naweek vir SA spanne
Dit sê darem baie min van die krag en opmars van jou spanne in die Superrugbyreeks wanneer twee van jou (veronderstelde) topspanne op dieselfde dag teen die Sunwolves en Jaguares streepsuiker kry.
Foto’s: Kyk hier na Meghan se pragtige ‘tweede’ rok
Sosialemediagebruikers was aan die gons oor dié rok en sommige het gemeen dít moes haar trourok gewees het.
Min troos vir Bulls ná groot loesing
Die enigste troos wat die Bulls uit Saterdagaand se wedstryd teen die Jaguares kan put, is dat hulle sekerlik nie vrotter kan speel nie.