Die video wat sedert verlede week op sosiale media versprei word, het talle sosialemediagebruikers warm onder die kraag.
Alles vir Maandag 21 Mei 2018
Varsgebekkig: Wind sny vir iemand
Die Varsgebekkig- uitdrukking van die week is “wind sny vir iemand”
Hoekom Afrikaners nie langer verskoning vir apartheid wil vra nie
Die werklikheid is dat die ANC se regeringsrekord die grootste struikelblok in die pad van ʼn normale geskiedenis is – ʼn nuwe, ewewigtige meesterverhaal oor die land se verlede, skryf Flip Buys die voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Gewelddadige betogings vlam op in twee provinsies
Gewelddadige betogings oor behuisingskwessies het daartoe gelei dat paaie in die Wes- sowel as die Oos-Kaap Maandagoggend vir verkeer gesluit moes word.
Mangat-moord: Drie hoor hul lot
Die Pretoria-hooggeregshof het Maandag uitspraak gelewer in die verhoor wat gevolg het op die opspraakwekkende moord op Danie Dreyer (64), ʼn afgetrede polisiebeampte en sakeman van Pretoria. Dreyer is in 2016 in sy huis in Villieria dood.
Solidariteit Jeug se voorman is ʼn ‘groot denker’ met ʼn groot hart
“Dit is vir my baie belangrik dat mense poste en posisies beklee omdat hulle talentvol is. Dit behoort die enigste maatstaf te wees as dit kom by geleenthede vir alle jongmense in Suid-Afrika. Jongmense moet ook baie vinnig leer om die verantwoordelikheid te aanvaar om hul eie drome en toekoms te laat gebeur. Hulle beskik oor die vaardighede en nou moet hulle dit laat werk vir hulself.”
Gróót geleentheid vir aspirantsangers
“Die aap is uit die mou en as jy dink jy het die goods en die moed, wil jy geensins hierdie geleentheid laat verbyglip nie.”
Staatsdiensverhoging van 7% in sig, maar nog nie vas
Dit was ietwat van ʼn verleentheid vir die nuwe minister, Ayanda Dlodlo, wat Maandagoggend nog gemeen het sy sou kon aankondig dat ʼn ooreenkoms bereik is.
Video: Barbie se grootste aanhanger
In ‘n pienk kombuis, in ‘n pienk woonstel, maak Barbie se grootste aanhanger pienk roereier op ‘n pienk broodjie met pienk koffie…
ANC wil plaasuitsettings stopsit
Pres. Cyril Ramaphosa het weer Saterdag tydens die beraad herhaal dat grondonteiening sonder vergoeding die enigste manier is om die kwessies van ongelykheid en armoede te takel.
Skote klap tydens nóg ʼn transitorooftog
Volgens die polisie het die aanvallers lukraak skote begin afvuur terwyl hulle in verskillende rigtings begin vlug het. ʼn Omstander is gewond.
Oud-SA’ner in NS slaan toekenning los met Afrikaanse radioprogram
“Ek het besef hoe groot die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die land is en hoe honger hulle vir kultuur is,” vertel die Suid-Afrikaans gebore radio-omroeper.
Inentingsveldtog teen Ebolavirus begin
Owerhede het intussen bevestig dat die dodetal weens die uitbreking gestyg het.
Woord van die week: ploeter
Waar kom die woord “ploeter” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in
Oom Herrie se kerrie: Moenie Nigeriese medisyne vlak kyk nie
Mev. Herrie hou nogal by met van die name, maar oom Herrie se kop haak gewoonlik aan die ongewone name. Of ongewone “produkte” se name.
Afrikaans op Wikipedia: Almal moet hul kant bring
Jy kan help om die Afrikaanse Wikipedia uit te bou!
Afrikaanse kinderboek binnekort ook in Italiaans te lees
Die groot Italiaanse uitgewery Rizzoli het vertaalregte vir Jaco Jacobs se bekroonde jeugroman ’n Goeie dag vir boomklim opgeraap.
SA kapteins se spanne voor in Yanks se geldliga
Twee spanne met kapteins uit Suid-Afrika is die voorlopers in Amerika se nuwe Senior Rugbyliga (MLR) nadat elk van die sewe spanne vier kragmetings agter die blad het.
Man sterf toe hy tydens rooftog terugbaklei
Die man is van die misdaadtoneel na ʼn hospitaal gehaas waar hy later gesterf het.
SuperSport reageer op Willemse-voorval
“SuperSport sal die publiek en media ingelig hou oor die ondersoek.”