Speaker Baleka Mbete het Dinsdag aan LP’s bevestig ʼn diensverskaffer is aangestel om ʼn lewensvatbaarheidstudie te doen om die nasionale wetgewer moontlik na Pretoria te skuif.
Lees meerAlles vir Dinsdag 22 Mei 2018
‘ANC moet leer om politiek uit sport te hou’
Die VF Plus het in ʼn verklaring gesê die ANC-regering se oordrewe beheptheid met ras, ook op die sportveld, is goed geïllustreer deur die minister van sport se oorhaastigheid om met die Supersport/Ashwin Willemse-voorval dadelik kant te kies en sonder meer van die voorval ʼn rasse-kwessie te maak.
Voormalige SAUK-voorsitter sterf
Die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Duitsland en oudvoorsitter van die SAUK-raad, Sonwabo Eddie Funde, is oorlede.
Bylmoorde: Marli sal waarskynlik hele boedel erf
Henri van Breda, wat skuldig bevind is op aanklag dat hy drie lede van sy gesin met ʼn byl vermoor het, se jonger sussie Marli, sal waarskynlik die hele boedel erf.
Jong Vrystaat-boer in hof oor moord
ʼn 30-jarige boer wat daarvan beskuldig word dat hy twee boere in Rusfontein (Dewetsdorp) vermoor het, sal Woensdag weer in die hof verskyn saam met sy medepligtige.
Bendelid skuldig bevind aan metrobeampte se moord
Christopher Jantjies (29) is Dinsdag in die Kaapstadse hooggeregshof gevonnis op aanklag van moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besig van ʼn vuurwapen en ammunisie.
‘Besope’ paramedikus stamp polisieman se motor
ʼn Paramedikus is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik onder die invloed van alkohol bestuur en in ʼn privaat voertuig van ʼn polisiebeampte vasgery het.
Zuma-seun beboet en moet jammer sê oor uitlating
Edward Zuma het talle verlede jaar warm onder die kraag gehad oor sy uitlatings.
ToekomsVenster: Die wet van (nie)-oordeel
Trots en selfverheffing is so gevaarlik en oordeel is die daad wat daaruit vloei. Dit maak van ons elkeen ’n Fariseër wat op ander neerkyk.
Afgedankte majoor se saak steeds na gelykheidshof
Die kwessie is met Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, bespreek om sy adres te bekom sodat ʼn dagvaarding op hom beteken kan word.
Nóg ʼn verdagte vas oor moord op plaasvoorman
Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn plaasvoorman van Limpopo wat in Maart op ʼn plaas in die Tom Burke-omgewing doodgeskiet is.
Die wêreld in foto’s – 22 Mei 2018
Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Gauteng-vrou doodgeskiet toe sy gaan draf
“Sy het skietwonde aan haar bors sowel as haar maag gehad.”
Twee in hof oor liggaam in kattebak
Wouter Beyneveldt (31) en André Oosthuizen (21) het Dinsdag in die Cullinan-landdroshof, oos van Pretoria, verskyn in verband met die moord op ʼn man wie se liggaam Sondag in die kattebak van ʼn motor gevind is.
Parlement gaan Steinhoff-baas dagvaar
Jooste het glo reeds deur ’n prokureursbrief aangedui dat hy nie gehoor gaan gee aan die komitee se versoek om voor hulle te verskyn nie.
Mangat-moord: ‘Dit was ʼn bose daad’
Nie Estelle Reddy (38) se “siek” driejarige seun of Gerhard Papenfus (44) se selferkende dwelmprobleem kon die Pretoria-hooggeregshof oortuig om hulle nié tot lewenslange tronkstraf te vonnis nie.
Akademia-dosent kry internasionale veer in die hoed
“Volgehoue bevolkingsgroei en eksponensiële migrasie van mense vanaf landelike na stedelike gebiede plaas heeltyd druk op stedelike omgewings,” vertel Goosen oor haar navorsingsartikel.
Video: ‘Geen manier dat Henri hier sou loskom’
“As die vervolgingspan is ons baie tevrede. Dit is die eerste stap om te verseker dat Van Breda vir ʼn baie lang tyd tronk toe gaan.”
Polisie op soek na gevaarlike waaghals
In ʼn ander video kan gesien word hoe hy reg voor ʼn bus wat teen volspoed ry inhardloop, op die pad gaan lê terwyl die bus vir hom toeter druk en die bus dan bo-oor hom ry.
Video: Brand saai verwoesting in koshuis van skool vir dowes
“Die koshuis is onmiddellik ontruim. Daar was nie tyd vir die seuns om enige besittings te probeer red nie, en ons ontruimingsmaatreëls bepaal ook dat dit nie toelaatbaar sou wees nie. Alles behalwe die klere aan hul lywe is in die brand verwoes.”