Hul huweliksbevestiging vroeër dié maand was ʼn onvergeetlike geleentheid, verklap die akteur en musikant Stefan Ludik en sy aktrise-vrou, Anelle, op sosiale media. Van die kraakwit rok met die lang sluier tot die drielaagkoek het dié dag spesiaal gemaak, en nóú sien hulle uit na ʼn lewe saam.
Alles vir Dinsdag 22 Mei 2018
Vermeende rowers sterf in skietgeveg met polisie
“Soos die polisiebeamptes die huis genader het, het die verdagtes op hulle losgebrand.”
Boekresensie: Die vloek van Vreesbaai
Dankie tog dat grootmense ook jeugboeke mag lees! Ek het De Wet Hugo se Die vloek van Vreesbaai baie geniet en het heeltyd oor my skouer bly loer omdat ek verwag het dat ’n grommende ongedierte enige oomblik op my gaan spring …
Rugbyman wil jou met opknappingswerk help
Aanhangers ken hom as ʼn losvoorspeler van die Sharks en die Bulle en deesdae die Namibiese rugbykaptein en speler in die Britse klubspan Harlequins. Maar dié 28-jarige is nie nét ʼn rugbyman nie.
Uitdrukking: Iemand in die maling neem
Taaltoffie ondersoek die betekenis en herkoms van die uitdrukking “iemand in die maling neem”
Formule 1: Alonso gerat vir Monaco-ren
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die formule een-spanne op Monaco toesak vir die mees bekende formule een-wedren van die seisoen.
Trein slaan op pad na stasie aan die brand
Pendelaars het glo by die Retreat-stasie vir die trein gestaan en wag toe die trein by die stasie intrek met twee waens in vlamme gehul en donker rookwolke wat daaruit borrel.
Wanderlust: Hoofstuk 16
Later is ons omsingel van olifante, soos in van agter en van voor en van alle kante. Ek het ophou tel toe ons by driehonderd en vyftig-stuk verbygaan …
Drie meisies glo deur familielid, vriend ontvoer
Die polisie vermoed in dié stadium dat die familielid die een was wat die kaping en die ontvoering beplan het.
Video: Beskuldigdes gevonnis vir mangat-moord
Ná die vonnis het Johnson se pa en broer hom emosioneel omhels en saam met hom gehuil voordat hy by die trappe afgeneem is na die hofselle toe.
Bekendstelling: Hyundai i20 opgeknap
ʼn Interessante brokkie inligting tydens die bekendstelling is dat Hyundai in die eerste kwartaal van 2018 Ford verbygesteek het as derde grootste handelsmerk in die passasiervoertuigsegment.
‘My besef dat Afrikaans, Christenskap en rugby nie boos is nie’
Van ʼn jong Durbanse seun wat in die Hindoegeloof grootgeword en geleer het dat Afrikaans en rugby boos is tot ʼn man wat al talle Afrikaanse boeke geskryf het, ʼn Christen is en rugbyspelers met sy motiveringspraatjies help.
Nog ses vas ná groot bankroof
Twee van die verdagtes is glo werknemers van die bank.
Ai, hoekom maak ons dinge makliker vir Eddie Jones?
Die Engelse rugbyafrigter, Eddie Jones, moet van oor tot oor glimlag, want Suid-Afrikaanse rugby het homself die soveelste keer in die voet geskiet.
SA ’ners in buiteland kan reeds registreer om te stem
Buitelandse kiesers is ʼn groot bron van stemme vir die opposisiepartye, met die ANC wat in 2014 net omtrent tien persent van die buitelandse stemme getrek het.
Een vas ná wrede Moedersdag-plaasmoord
Fanie (78) se keel is glo afgesny en Colleen (74) is na bewering met ʼn strykyster se koord verwurg.
Oplossings vir owerheidsmislukkings
Wat moet landsburgers se antwoorde wees op ’n owerheid se mislukkings? Andries Opperman neem die moontlike oplossings onder die loep:
Fliekvlooi Floris se videoresensie: ‘Nommer 37’
‘Nommer 37’ is ʼn misdaadriller wat afspeel in ’n fiktiewe buurt op die Kaapse Vlakte. Kyk hier na fliekvlooi Floris Groenewald se videoresensie.
Afgetrede polisieman dood gevind
ʼn Familielid het ʼn bloedspoor in die huis opgemerk en dadelik die polisie in kennis gestel.
Alle fynproewers: MKR is nou op Showmax te sien
Met die ysige koue buite, is daar nou ʼn goeie rede om binnenshuis te bly: die eerste seisoen van My Kitchen Rules is nou op Showmax te sien.