“Die krake in ‘Ramaforie’ begin groter raak.”
Alles vir Dinsdag 22 Mei 2018
Met wie om te praat en met wie om saam te werk
Kortom, miskien moet ons weer ʼn slag vra – “wat en waar is die skeidslyn om te praat en om saam te werk?” Die antwoord op beide sal aanvaarding van die Grondwet en sy waardes wees. En dit sal ook die manier van gesprek en samewerking definieer. Dan sal ons mekaar minder verskree, skryf dr. Theuns Eloff.
Daar is geen verlossing buite die ANC nie
“Myns insiens het Suid-Afrika nou al genoeg betoog by die staat om meer doeltreffend te wees. Geen staat sal dit ooit wees nie. Suid-Afrikaners kort nie ʼn beter staat nie. Ons kort vryheid – ʼn swakker staat en ʼn omgewing waarbinne mense hulself kan red deur hul eie inisiatief en harde werk.”
Video: Agter die skerms van ‘Nommer 37’
“Wanneer ʼn fliek se naam ‘Nommer 37’ is en op die Kaapse Vlakte afspeel, is dit maklik om aan te neem dat dit oor bendes handel, maar dit is allermins die geval.”
Jong kinders sterf toe muur omval
“Paramedici het absolute chaos op die toneel aangetref. ʼn Muur het op die drie meisies wat in die oprit gespeel het, omgeval en hulle vasgepen.”
Die man wat meer as 2 miljoen babas gered het
Oor 63 jaar het James Harrison, met sy seldsame bloedgroep, meer as 2 miljoen ongebore babas se lewens gered.
OB hof toe gevat oor Mandela-verslag
Die OB het intussen ook haar kommer uitgespreek oor mediaberigte waarvolgens daar glo gesê is sy is “idioties”.
Majoor afgedank oor Facebook-uitlating
“Daar was ʼn lang proses van hersiening in oorleg met die minister van verdediging en daar is bevind dat dit ʼn baie ernstige oortreding was.”
Boek: Tussen die abjekte en die eteriese
Benewens die liriese en melancholiese aard van sy werk, is talle van Houellebecq se gedigte ook uiters kompleks weens die diep en ryk filosofies-teologiese en kosmologiese idees wat dit onderlê.
Resep: Botterkaramel-gemmerroompies
Soet en bros koekies met net ʼn tikkie gemmer, water jou mond al?
Cyril sal berus by hofbesluit oor Zuma se regskoste
Die presidensie sal wel ʼn verduidelikende beëdigde verklaring indien om die geskiedenis, regsgrondslag, rasionaal en prosesse wat verband hou met die voorsiening van regskoste vir Zuma aan die hof te verduidelik.
Vandag se sportnuus
Ná die Italiaanse Ope in Rome is Rafael Nadal weer die voorste tennisspeler in die wêreld.
‘ANC moedig geweld in landelike gebiede aan’
“Gemeenskappe moet eenvoudig in groepe organiseer wat hulle toelaat om, binne die raamwerk van die wet, hul eiendom te beskerm.”
Willemse-voorval: Aanbieders praat ná eerste vergadering
“Die reeks vergaderings was positief. Almal was beleef en die aanbieders het direk met mekaar gepraat. ʼn Beduidende stap is gedoen om gemeenskaplike grond te vind.”
Gedagte vir die dag: Om weer te sien
Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet … (Efesiërs 1:18)