Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag aangekondig dat hy die helfte van sy jaarlikse salaris aan die Thuma Mina-fonds sal skenk.
Lees meerAlles vir Woensdag 23 Mei 2018
Skok oor aanval by Gugulethu-biblioteek
ʼn Groep betogers het Dinsdag die Gugulethu-biblioteek bestorm en rekenaartoerusting, vensters en deure beskadig.
Paaie gesluit tydens Parkwood-betogings in Kaapstad
Gewelddadige betogings het Woensdag weer in Parkwood in Kaapstad opgevlam oor grond en behuising.
‘Veiligheid by polisiestasies moet ʼn prioriteit wees’
Genl. Khehla Sithole het aan LP’s gesê een van die uitdagings is dat hy, sedert sy aanstelling as nasionale polisiekommissaris, nog nie ‘n kantoor gehad het nie.
Swaar reën en vloede in Kaapstad verwag
Die Stad Kaapstad se rampbestuursentrum het ʼn waarskuwing uitgestuur oor swaar reën oor die stad en Overberg-distrik wat moontlik tot oorstromings kan lei.
Inflasiekoers verhoog in April
BTW en suikerbelasting vat ʼn hap uit verbruikers se beursies.
Bendelid gevonnis ná metrobeampte se moord
“Ek het gesê ek gaan jou kry.”
ToekomsVenster: Die wet van vermorsing
Lees Psalm 51 en ontdek die pêrels wat Dawid daarin beskryf. Wie in jou sirkel van mense sal die skatte daarvan vandag waardeer?
Vier in hof ná meisies se ontvoering
“Twee ander verdagtes, onderskeidelik 18 en 70 jaar oud, is vrygelaat aangesien hulle nie met die voorval verbind kon word nie.”
Vrou (18) kritiek ná eie honde haar aanval
ʼn 18-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy Woensdagmiddag by haar huis in Centurion deur drie honde aangeval is.
Die wêreld in foto’s – 23 Mei 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Wes-Kaapse boer se borgtog derde keer geweier
Die borgtogaansoek van Frik Muller, die boer van Herbertsdale buite Mosselbaai in die Wes-Kaap wat onder meer van poging tot moord aangekla word, is Woensdag vir die derde keer in die Mosselbaai-landdroshof van die hand gewys.
Polisiebeampte glo met renosterstropery verbind
ʼn 35-jarige polisiebeampte en vyf medepligtiges is in Mpumalanga in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met renosterstropery.
Luister: Jay oor Eden, nuwe musiek en plaasmoorde
Jay sê hy het jare gelede, toe hy maar nog ʼn groentjie in die bedryf was, waardevolle raad by die sanger Steve Hofmeyr gekry oor hóé om ná twee dekades in die bedryf steeds sukses te behaal.
Burgemeester se huise, karre in betoging verwoes
Betogers het ook verskeie items huisware uit die burgemeester se huis en gastehuis op dié Noordwes-plaasdorp gesteel.
AB de Villiers roep internasionale krieket vaarwel
AB de Villiers, die Suid-Afrikaanse krieketkolwer, het Woensdag aangekondig dat hy met onmiddellike effek uit alle vorme van internasionale krieket tree.
Donker prentjie oor munisipale oudits geskets
Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal, het Woensdagoggend ʼn skokkende blik gegee op die verswakkende finansiële bestuur van die land se munisipaliteite.
Grey-skoolhoof hof toe oor beheerliggaam se besluit
“Dit is vir hom baie sleg en vernederend.”
Polisie waarsku oor kitsbank- en aanlynslenters
Die polisie het die publiek gewaarsku om waaksaam te wees nadat verskeie bedrogslenters die rondte begin doen het.
Ontvoerders eis bitcoin vir seun (13) se vrylating
Die ontvoerders van die tienerseun van Witbank in Mpumalanga wat Sondagmiddag ontvoer is, het ʼn losprys in bitcoin vir sy vrylating geëis.