Die eienaar van ʼn Suid-Afrikaanse jagmaatskappy word nou deur Amerikaanse owerhede vervolg nadat hy na bewering Zimbabwiese beamptes omgekoop het om ʼn jagkliënt van Colorado in die VSA te help om onwettig ʼn olifant in Zimbabwe te jag.
Alles vir Woensdag 23 Mei 2018
Mahumapelo kondig bedanking aan
“Die ANC is groter as ons almal, van bó tot heel onder. Ek is nie onvervangbaar in die revolusie nie. Daar kan nie so iets wees soos ‘no Supra no vote’ nie. Niemand van ons is groter as die ANC en die revolusie nie.”
Dorings en ander bossies met ʼn prekie
Dit was altyd vir my lekker om saam met Pa vuilgoed uit te trek omdat dit mettertyd so ‘n soort van ‘n band tussen my en hom gevorm het. As die grond los, of lekker nat na ‘n bui reën was, het ons saam gebuk en vuilgoed uitgetrek …
Atletiek: Nog rekords vir SA
Die eerste twee Diamantliga-byeenkomste het twee splinternuwe SA rekords en twee goue medaljes vir Suid-Afrika opgelewer.
Verlang SA se spanne dan sóveel as hulle oorsee is?
Waar lê die fout dat Suid-Afrikaanse spanne oorsee so sukkel?
Skaaf- en grasbrandmerke is deel van rugby
Skaafmerke, grasbrande (dis nou dié aan jou elmboë, knieë en boude) en blase aan jou voete, was vroeër deel van rugby totdat hulle velde begin natlei het, met wintergras gesaai het en jy nie daarop kon oefen nie.
Het hulle al die yster in vergiete bloed geruik?
Ons moet aanhou en aanhou. Ons het geen ander alternatief nie, maar om te bou, te beplan, te organiseer en te oorleef (terloops, dit is juis wat ons nog altyd so goed regkry).
Nege dae te perd vir herdenkingsrit
ʼn Groep van altesaam nege perderuiters gaan volgende maand op ʼn herdenkingsrit van Bloemfontein na Kimberley vertrek en op dié reis verskeie erfenisgebiede en monumente besoek. ʼn Herdenkingsrit is dit wel, sê die groep ruiters, maar dié rit is nie nét ʼn geskiedenisles nie.
Raadslid in Pretoria doodgeskiet
Die polisie het gesê niks is tydens die voorval by die oorledene of beseerde gesteel nie. “Die aanvallers het net geskiet en toe gevlug.”
Ouers hof toe om 30-jarige seun uit hul huis te skop
ʼn Welgestelde egpaar het ʼn hofsaak gewen om hul 30-jarige seun te dwing om sy ouerhuis te verlaat.
Koster-skietery: Tiener dalk nie vervolg
Die tiener van Koster in Noordwes wat in Februarie glo ʼn man uit noodweer doodgeskiet het nadat dié ʼn familielid noodlottig gewond het, gaan dalk nie strafregtelik vervolg word nie.
Luister: Daniel Hugo se nuwe boek ʼn ‘versameling van 40 jaar’
“Dit is die kroon op die literêrekritikus-deel van my lewe, die een wat artikels en resensies en rubrieke geskryf het. Dit is vir my wonderlik om alles te kon saamvat in ʼn boek.”
NDBV na polisie oor uitgeteerde perde
Die uitgeteerde perde wat verlede maand by ʼn weermagbasis in Potchefstroom aangetref is, was glo só honger dat hulle grond en hul eie ontlasting begin vreet het.
‘Ouers die antwoord tot krisis in SA skole’
“Dit is nie vir die regering en politici om te besluit hoe om jou kind groot te maak nie, dit is vir jóú om te besluit.”
Gedig: Uit Maart, April
Lees Petra Müller se “reënroeplied”
Ons gooi mekaar nog steeds met modder
Uiteindelik sal ons maar moet aanvaar dat dié soort debatte, gevoed deur meer emosie as rasionele denke, nog lank met ons gaan wees. Ons kan die groeiende polarisasie aanhelp deur self terug te skel, of ons kan kalm en rasioneel bly.
10 wenke om dié winter gesonde kosbesluite te neem
Volg dié 10 wenke om jou die winter so ʼn bietjie in toom te hou, sonder om te voel asof jy op ʼn dieet is.
Maak ’n nederige kind groot
Nie elke sewejarige kind sal vir jou kan sê wat nederigheid beteken nie. Ons eerste stap wanneer ons aan ons kinders se karakter wil bou en nederigheid by hulle wil vestig, is daarom om dit vir hulle so konkreet moontlik te skets.
Nuwe voorsitter vir Moyane-verhoor aangestel
Pres. Cyril Ramaphosa het besluit om ʼn nuwe voorsittende beampte aan te stel in die tugverhoor teen Tom Moyane, die geskorste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Man sterf toe buffel hom gaffel
“My pappa, mooiste mens in die lewe. Ek gaan na jou verlang. Almal gaan Pappa mis en onthou wie en wat Pappa was.”