ʼn Nuwe veldtog deur Castle Lager SA in reaksie op die omstrede Ashwin Willemse-sage het ʼn storm op sosiale media ontketen.
Alles vir Woensdag 23 Mei 2018
Tiener moet $36 miljoen opdok ná brand
Die tiener se regsverteenwoordiger het aangevoer die skadevergoeding is ʼn “wrede en ongewone straf”.
Liggame op Pta-kleinhoewe gevind
Die eienaar van ʼn kleinhoewe het op twee liggame in ʼn grot op sy eiendom buite Pretoria afgekom.
Resep: Olyfbrood
Daar is iets spesiaals daaraan om jou eie brood te bak, in plaas van ʼn winkelbrood te koop. Dié een word opgekikker met olywe en songedroogde tamaties.
Vandag se sportnuus
Die Blitsbokke het goeie nuus ontvang voor die laaste twee toernooie van die Wêreldreeks en die Bokafrigter, Rassie Erasmus, gaan Saterdag sy groep van 40 spelers aanwys wat in Junie teen Wallis en Engeland gaan speel.
Mbete: ‘Goeie wetgewing, swak toepassing’
Swak dienslewering kan nie net aan die regering toegeskryf word nie, maar ook aan die gebrek aan oorsigtelike maatreëls, het Mbete gesê.
Majoor kan moontlik privaat vervolg word ná Facebook-plasing
Die afdanking van maj. MV Mohlala is wyd verwelkom.
1 dood, 4 vas ná verdagtes teen muur vasjaag
“Hulle is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking hospitaal toe gehaas.”
Gedagte vir die dag: Kringsitters
Dit gaan goed met die mens wat nie … met ligsinniges saamspan nie … (Psalm 1:1)