“Die departement beweeg weg van laat aansoeke en ouers wat nie op 28 Mei 2018 om middernag aanlyn aansoek gedoen het nie, loop die risiko dat hul kinders nie in Januarie 2019 skool toe sal kan gaan nie.”
Lees meerAlles vir Donderdag 24 Mei 2018
SA Express-vlugte opgeskort ‘weens wanbestuur, onbevoegdheid’
“Die finansiële krisis van SA Express wat direk tot die swak toestand van hul vliegtuie gelei het, is veroorsaak deur jarelange swak bestuur.”
Ramaphosa gee meer duidelikheid oor grondhervorming
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag die DA sowel as die EFF aangeval oor hul sienings van grondhervorming, en ʼn sterk aanduiding van sy eie standpunt daaroor gegee.
‘Meeste geld nóg’ aan verkragtingslagoffer toegestaan
“Die uitspraak wys dat as jy net aanhou veg en doen wat jy moet doen sodat geregtigheid geskied, sal daar ʼn lig aan die einde van die tonnel wees.”
EFF storm uit raadsvergadering oor mosie-geskil
Die EFF het die speaker daarvan beskuldig dat hy die reëls van die raadsvergadering buig om nié die party se mosie aan te hoor nie.
Staatskaping-verhoor begin dán
“Ons waardeer die publiek se belangstelling in die ondersoek. Oral waar ons [die kommissie] gaan, word ons gevra wanneer die kommissie met die ondersoek gaan begin.”
Kaapstad: Nog geen voorvalle weens swaar reën
Terwyl swaar reën Donderdag oor die droogtegeteisterde Kaapstad uitgesak het, het inwoners van dié stad hulle begin voorberei op moontlike oorstromings later die aand terwyl selfs nóg swaarder reën verwag word.
Ramaphosa: Apartheid wás misdaad teen die mensdom
“‘Die Stem’ en die ou landsvlag is nie Afrikaner-simbole nie. Dit is simbole van onderdrukking,” het Ramaphosa gesê.
ToekomsVenster: Die wet van gebed
Vir wie moet jy dalk vandag bid? Is jy bereid om daarna op te staan en te gaan doen? Vir wie moet jy gaan omgee, al is dit swaar en moeilik?
Jong SA vrou se dood in Bahamas steeds ʼn raaisel
Carla van Eeden (25) se gesin probeer steeds sin maak van haar dood in ʼn hotelkamer in die Bahamas.
Nóg ʼn lyk op hoewe buite Pta gevind
ʼn Derde liggaam is in ʼn grot op ʼn kleinhoewe buite Pretoria gevind, twee dae nadat twee lyke vroeër op die hoewe aangetref is.
Die wêreld in foto’s – 24 Mei 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Koster: Nóg ʼn huis aan die brand gesteek
ʼn Raadslid se huis is aan die brand gesteek en 14 mense is in hegtenis geneem toe gewelddadige betogings Donderdag in Koster in Noordwes voortgewoed het.
Valke slaan toe op NW-landboudepartement
Die Valke het Donderdag op die kantoor van die departement van landbou en landelike ontwikkeling in Mahikeng in Noordwes toegeslaan.
SA Express se vlerke geknip
Die owerheid het gesê dit beteken in effek dat SA Express van vandag af nie meer as ʼn lugdiens mag dienste lewer nie.
[Video] Poppie-moord: Trane toe vonnis kom
“Poppie se liggaam was oortrek met blou kolle en kneusplekke. ʼn Mens sal nie weet waardeur daardie dogtertjie alles is nie.”
Munisipale oudits: Hier is die bestes en swakstes
Van die swakste uitslae is deur groot, welvarende munisipaliteite behaal, terwyl ʼn paar arm, plattelandse stadsrade helder ligte in ʼn donker verslag was.
Beleggers bang vir praatjies wat goud en grond bedreig
Buitelandse beleggers hou onderhandelinge en prosesse oor die Mynbouhandves en grondonteiening fyn dop. Dit is bevestig toe Solidariteit verlede week met ʼn senior afvaardiging van die Amerikaanse ambassade vergader het oor hul regering se besluit om hoë invoertariewe op SA staaluitvoere na Amerika te hef – ʼn besluit wat ons plaaslike staalbedryf ernstig benadeel.
Foto’s: Minki spog met haar klein Elsa
“Katerien en Elize is reeds dolverlief op hulle babasussie. Hulle wou nog altyd nog ʼn sussie hê, en nou het ons vir Elsa. Die twee soen en druk haar op. Dis te dierbaar om te sien hoe die tweetjies reeds klein moedertjies is.”
Kleuter se liggaam op bed gevind ná brand
Nadat ʼn reusebrand Donderdagoggend op ʼn kleinhoewe in Benoni aan die Oos-Rand uiteindelik geblus is, is die verkoolde liggaam van ʼn vierjarige seuntjie op sy uitgebrande bed tussen die puin aangetref.