Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na ʼn heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand, maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie en sy maatjie saamkom.
Alles vir Vrydag 25 Mei 2018
3 leeus, 1 tier by gewilde reservaat vergiftig
Die eienaars van die gewilde Jugomaro Predator Park in Limpopo is gebroke nadat vier van hul skaars en geliefde groot katte Vrydag in die vroeë oggendure op hul nuwe wildplaas vergiftig is.
Talle beseer in ontploffing by restaurant
Twee mans het ʼn selfgemaakte ploftoestel in die restaurant laat afgaan voordat hulle van die toneel gevlug het.
SA man hoor sy lot in Britse hof
Emile Cilliers (38), ʼn Suid-Afrikaner wat ʼn sersant in die Britse weermag is, het Donderdag sy lot gehoor nadat hy daarvan beskuldig is dat hy sy vrou twee keer probeer vermoor het.
Wynand du Toit: Van krygsgevangene tot skrywer
Die naam van kaptein Wynand dut Toit het ʼn onuitwisbare indruk op Suid-Afrikaners in die tagtigs en negentigs gemaak. Nou op die vooraand van sy sestigste verjaardag het hy met Maroela Media gesels oor die draaie wat sy lewe geloop het:
Trokbestuurder ook vas ná kaping
Die bestuurder het aan die polisie gesê twee van die kapers het vuurwapens op hom en sy twee assistente gerig.
Vandag se sportnuus
Die Springbokke speel aanstaande naweek in hul eerste internasionale kragmeting van die jaar teen Wallis in Amerika. Die Bokke sal in Junie ook in drie toetse teen Engeland te staan kom.
Plaasaanvalle: Fonds geskep om slagoffers te ondersteun
“Ons moet elke plaasaanvalslagoffer se storie onthou en vertel.”
Verduidelik apartheid aan nuwe geslag
Apartheid moenie verdedig word nie, maar dit moet verduidelik word. Ons skuld ’n perspektief op die verlede aan die nuwe geslag, omdat hulle nog lank aan die ontvangkant van ʼn rasgebaseerde regeringsbeleid gaan wees.
SA Express wil gou terug in die lug wees
SA Express het ook aangekondig wat passasiers te doen staan wat reeds kaartjies vir SA Express-vlugte gekoop het.
AngloGold Ashanti wil 2 000 poste sny
Intussen het Amcu gesê dié 2 000 werkers wat na verwagting afgelê sal word, beslaan 25% van AngloGold Ashanti se werkersmag.
Mandelajaar en die ANC se nasiebouresep
Ramaphosa en die ANC het 2018 as die jaar van Nelson Mandela verklaar met die klem op eenheid, vernuwing en werkskepping. Hy kan my nie verkwalik dat ek skepties is of die ANC dit kan bereik en of hulle hul retoriek sal kan verander nie. Wat ek wel weet, is dat dit in die beste belang van Ramaphosa en almal in Suid-Afrika is, dat dit wel gebeur.
Gedagte vir die dag: Sodat julle kan weet
Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo (1 Johannes 5:13)