AfriForum het Bheki Cele, minister van polisie, daarvan beskuldig dat hy plaasmoorde as probleem ontken deur dit nie tot ʼn prioriteitmisdaad te verklaar nie te midde van berigte dat vier ander soorte misdaad glo tot prioriteitsmisdade verklaar is.
Alles vir Woensdag 30 Mei 2018
Hap saam met Lochner: Koringslaai
Kyk hoe maak Lochner dié week ʼn lekker koringslaai!
Rassie kies ʼn Bokspan vol groentjies teen Wallis
Die Springbokke kan maar dankbaar wees dat hulle Saterdag in Washington teen ʼn uitgedunde Walliese span en nie teen een van die groot kragte van wêreldrugby speel nie.
Kattebak-moord: Saak uitgestel oor 2 se adresse
Wouter Beyneveldt (31) en André Oosthuizen (21) sal nog ʼn week agter tralies moet deurbring voordat hul formele borgtogaansoek kan begin.
Holomisa eis verskoning van Maimane, Trollip
“Die UDM was nie die DA se enigste teiken nie, soos Patricia de Lille kan getuig. As jy verskil van die manneklub, is jy in vir ʼn rowwe tydjie.”
Gewapende roof: Jong man in koma ná terugslae
“Ons het die laaste tyd op ons knieë deurgebring. Alles staan op die oomblik stil – ons werk en ʼn mens se lewe. Ons pendel elke dag tussen Pretoria en Johannesburg in die hoop om hierdie nare ding agter ons te sit.”
Wees maar steeds katvoet vir die Engelse
Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, en die Bokondersteuners sal in ʼn groot strik trap as hulle te veel in Sondag se reuse-oorwinning van die Barbarians teen Engeland op Twickenham lees.
Nuuskommentaar: “#MeToo” as kuur vir SA se kwale?
In gister se nuuskommentaar is gekyk na redes waarom gemeenskappe die reg in eie hande neem. Vandag word gekyk na hoe die #MeToo-veldtog, met al sy gebreke, daarin geslaag het om op ’n innoverende wyse druk op die regstelsel te plaas. Kan hierdie beginsel uitgebrei word om ander misdaad onder druk te plaas, selfs waar die staat die oortreder is?
Verbruikersake: Tog net nie aanlyn bedrog met my bank nie!
Aanlyn bedrog met jou bankrekening is sekerlik een van die dinge in ’n mens se lewe wat jy nie eers jou grootste vyand toewens nie. Ina Opperman gee raad oor hoe om hierdie soort bedrog te voorkom en wat om te doen as dit wel gebeur.
Man in hof na 9-jarige in kaping sterf
Die 39-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat ʼn negejarige meisie dood is toe sy Maandag tydens ʼn kaping in Shallcross naby Chatsworth in KwaZulu-Natal geskiet is, sal na verwagting vandag in die hof op aanklagte van moord en kaping verskyn.
Stella: Vriendinne saam begrawe
Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16), die twee vriendinne wat die naweek in hul skoolkoshuis in Stella in Noordwes vermoor is, sal saam begrawe word.
Steeds geen besluit oor Mahumapelo-opvolger
Die NUK het egter glo besluit dat nie een van dié kandidate geskik is nie aangesien hulle almal glo bondgenote van Mahumapelo is.
Foto’s van leeus het sosiale media op hol
Foto’s van leeus wat kamstig Dinsdag op die R37 tussen Lydenburg en Sabie in Mpumalanga gesien is waar hulle vrylik rondloop, het sosialemediagebruikers behoorlik aan die gons.
Boek: Kat se blad
ʼn Versameling stuitige strokies deur Philip de Vos en Piet Grobler wat die wildste, stoutste verwagtinge oortref.
Man sê jammer oor moord op kleuter
“Ek het Mortimer vergewe, maar ek sal nooit vergeet nie.”
Vandag se sportnuus
Die Franse Ope het gister sy derde dag op Roland Garros in Parys beleef en reën het weer groot vertragings meegebring.
Mabuza ontwykend oor grondkwessie
Adjunkpres. David Mabuza het Dinsdag tydens vraetyd in die parlement ʼn eierdans oor die onteiening van grond sonder vergoeding gedoen.
Oudburgemeester sterf
Hy sal Saterdag in die helde-akker van die Donkerhoek-begraafplaas begrawe word.
‘Wysigings aan Openbare Ouditwet gaan verantwoordbaarheid meebring’
“Die voorgestelde wysigings aan die Openbare Ouditwet gaan help om oneerlike en korrupte staatsamptenare verantwoordbaar te hou. Tot nou was ʼn gebrek aan verantwoording ʼn groot rede vir die bedrog, korrupsie en wanbesteding by staatsinstellings.”
Pasgebore baba se lyk gekry
“Sy het geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”