ʼn 45-jarige man is Woensdag in ʼn koffiewinkel by ʼn gewilde winkelsentrum aan die Oos-Rand aangeval.
Alles vir Donderdag 31 Mei 2018
Taalgebruik: aanmerking, opmerking
Opmerking of aanmerking? Taaltoffie stel ondersoek in
Byna R400 000 vir twee spanspekke
Twee spanspekke is vir 3,2 miljoen yen (ongeveer R370 000) in Japan verkoop.
Man gaan Comrades hardloop ná fratsongeluk byna lewe eis
“Drie jaar gelede het my vrou en kollegas nog vir my oorlewing gebid, en toe ek 19 dae later uit die hospitaal stap, het ons dit as ʼn wonderwerk van God beskou.”
Jong mans 3 jaar ná skoolvoorval hof toe gesleep
Die regsaksie kom nadat ʼn foto die lig gesien het van ‘n meisie wat ʼn Affies-pet by ʼn partytjie gedra het en sy daarna glo erg beledig is op ‘n WhatsApp-groep.
Aktrise weer swanger – op 54!
Die aktrise Brigitte Nielsen het op Instagram aangekondig dat sy, in die ouderdom van 54, swanger is met haar vyfde kind.
Is ʼn ‘poep’ abstrak? – Abstrakte selfstandige naamwoorde
Kry nou anderdag ʼn navraag van ʼn leerder – hulle moes die verskillende soorte selfstandige naamwoorde in die klas identifiseer, en hulle het geleer ʼn abstrakte selfstandige naamwoord is ʼn ding wat jy nie kan sien nie. Nou wil hulle weet: Is ʼn “poep” ʼn abstrakte selfstandige naamwoord?
Dit het sin om Republiekdag te onthou
Omdat ons ook vry wil wees om ons geskiedenis in herinnering te roep en aan ’n nuwe geskiedenis te bou, glo ons dat ons steeds Republiekdag in ons harte mag vier en ons kinders hiervan mag vertel.
Boekresensie: Die vyfde Aspoester
Vermeulen se skryfstyl wissel tussen ietwat ongewoon tot gemaklik vloeiend en uiters oorspronklik. Die spanning in die verhaal bou fluks op en daar is genoeg intrige om mens angstig aan die lees te hou, skryf Louise Viljoen.
Wildpark se hek gesluit weens betogings
Voortgesette betogings buite die Addo Nasionale Olifantpark noord van Port Elizabeth het die park genoop om vir ʼn onbepaalde tydperk een van sy hoofhekke te sluit.
Trump en Kim Kardashian vergader
Die Amerikaanse televisiepersoonlikheid Kim Kardashian en pres. Donald Trump het Woensdag vergader. Kyk hier waaroor het hulle gesels:
Laerskoolseuns hou SA se naam hoog in VSA
Is dié seuns dalk die volgende Elon Musk en/of Anton Musgrave?
Boek: Helde Van Suid-Afrika 1
Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale.
‘Vermoorde’ joernalis toe springlewendig
Die nuus het Dinsdag aan die lig gekom dat Arkady Babchenko, ʼn Russiese joernalis, dood is nadat hy deur ʼn huurmoordenaar voor die deur van sy woonstel in Kiëf in die Oekraïne geskiet is.
Nuuskommentaar: Gaan haatspraakwet krap of heel?
Die interessantheid is dat die beoogde wetgewing nie net ras as grondslag gaan gebruik nie, maar kwessie soos seksuele oriëntasie, gestremdheid en selfs ouderdom.
Steve Hofmeyr: ‘Wonderwerk dat ek leef’
ʼn Besoek aan die dokter het waarskynlik Woensdagoggend die sanger Steve Hofmeyr se lewe gered.
Seun sterf toe toestel ontplof
‘n Jong seun is dood nadat hy met ‘n plofbare toestel, wat glo van Suid-Afrika afkomstig is, gepeuter het.
Vandag se sportnuus
Die Franse Ope het gister sy vierde dag op Roland Garros in Parys beleef.
WAT-handelsnaamkompetisie: Skryf jóú onderneming in
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is op soek na die treffendste Afrikaanse handelsnaam!
Resep: Graanvlokkie-en-klapperkoekies
Dié krakerige koekies is perfek vir jou laatmiddag koffie of tee.