ʼn Man van Pretoria het Saterdagaand met ʼn koeëlwond aan sy bolyf na sy naaste polisiekantoor gery nadat hy oomblikke vantevore buite ʼn kitskosrestaurant in die ooste van die stad geskiet is.
Alles vir die maand Mei 2018
Foto’s: Betogers saai chaos in Kaapstad
Betogers het ʼn kitsbank by ʼn vulstasie aan die brand gesteek, terwyl ʼn vrugte- en groentestalletjie en ʼn voertuig ook deurgeloop het.
Grondonteiening: ‘Mense gaan doodgemaak word’
“In al die sektore van ons bevolking, daar gaan mense wees wat in hierdie land doodgemaak word.”
Moses Mabhida-geweld: Drie wil skuldig pleit
As deel van hul borgtogvoorwaardes mag die drie mans glad nie weer sportgeleenthede bywoon nie.
65 in hof ná Noordwes-geweld
Goedere soos bou- en loodgietermateriaal sowel as kruideniersware wat uit ʼn plaaslike hardeware-onderneming en snoepwinkels geplunder is, is in van die verdagtes se wonings aangetref.
Man deur leeu gegryp: ‘Dis vir ons ʼn dubbele tragedie’
“Mike het dít gedoen waarvoor hy die liefste is – om sy liefde vir roofdiere met besoekers aan sy reservaat te deel.”
Mag jy ʼn All Black-trui dra?
Dis een van daardie taai toffies waaraan daar jare lank al gekou, gekou en herkou word: Suid-Afrikaners wat die All Blacks ondersteun.
Klag ná k-woordplasing
Die rassistiese plasings en Potgieter se profiel is skynbaar sedertdien verwyder, maar skermskote van die inskrywings en sy profiel is betyds gemaak en word tans wyd op sosiale media versprei.
AfriForum-hoës in VSA vir bewusmaking oor plaasmoorde en onteiening
“Die doel van die besoek in die VSA is om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om plaasmoorde te prioritiseer en daadwerklik op te tree om ’n einde hieraan te bring.”
Wat is ʼn Zuma-party se kans op sukses in KZN?
Daar is ʼn knuppel in die politieke hoenderhok, veral in die ANC, oor die moontlikheid dat ʼn Zuma-gesinde splinterparty stemme van die ANC in KwaZulu-Natal kan wegrokkel.
‘Rekordgetal’ sterftes dié langnaweek op Gauteng-paaie
Ofentse Morwane, woordvoerder van die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê dat baie van die ongelukke deur spoed, dronkbestuur en die bestuur van onpadwaardige voertuie veroorsaak is.
Gerugte oor nóg chaos by hospitaal ontken
Die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) het gerugte ontken dat sy lede dreig om Woensdag bedrywighede by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg tot stilstand te bring.
Nuuskommentaar: Trump en die Iranse kernvermoë
Israel se onthulling dat Iran sedert sy kernooreenkoms in die geheim met die ontwikkeling van kernwapens voortgegaan het, kan pres. Donald Trump se skeptisisme oor die bestaande ooreenkoms ’n stewige hupstoot gee. Maar Israel is ook dadelik uit talle oorde aangeval en daarvan beskuldig dat hy kluitjies verkoop.
Resep: Familiekoekies
Dié koekies is ’n gunsteling onder die hele familie!
Vandag se sportnuus
Op die jongste Superrugby-punteleer beklee vier spanne van Nieu-Seeland die boonste ses posisies.
Boek: Die rooikop en die redakteur en ander stories
Die rooikop en die redakteur en ander stories kombineer Brink se eiesoortige humor met ’n tikkie nostalgie – perfek vir ’n ouer én nuwe geslag lesers.
Meer tyd vir openbare insette oor grondonteiening
Dié soort openbare deelname deur die algemene publiek moet ernstig deur die parlement oorweeg en in ag geneem word.
Ware grondhervorming is binne ons bereik – ons moet dit aangryp
Om alle Suid-Afrikaners van hul transportaktes te stroop – soos die EFF wil doen – sal enige moontlikheid dat die land ’n voorspoedige samelewing, met geleenthede vir almal, kan word, vernietig.
Is daar hoop vir Eskom en SAL?
Roodt sê miskien is die twee ondernemings minder as niks werd en reken dat dit miskien beter sal wees om te wag, of om hulle eerder toe te maak – veral die lugdiens. Hy wys nietemin daarop dat privatisering in Ramaphosa se kraal kan pas, wat beleggings kan lok.
Betogers versper Jhb-paaie
Verskeie paaie in Johannesburg is vir verkeer gesluit weens protesoptrede.