Buiten die vlieëniers, was daar agt passasiers aan boord van die vliegtuig.
Alles vir Donderdag 7 Junie 2018
Video: Noue ontkoming toe olifant op boot afstorm
“Ons gids se woorde: ‘Whatever happens, stay on the boat,’ klink dalk vanselfsprekend, maar dis nogal moeilik om stil te sit as ’n olifanttand 50 cm van jou af is.”
Boekresensie: Dans, Jenna
Wat ’n lieflike, onopgesmukte storie oor ’n talentvolle graadsewe meisie wat versot is op dans, maar goed besef dat balletklasse eintlik ’n luukse is wat haar enkelma – wat twee werke doen om vir hulle te sorg – nie kan bekostig nie!
Sterfbedbelydenis: ‘Ek erken Irak-oorlog was ʼn groot fout’
Die Amerikaanse weermag troon steeds vandag kop en skouers uit bo die weermagte van ander groot wêreldmoondhede. Die vraag is of Amerika in die toekoms beter daarin kan slaag om, soos wat Ronald Reagan dit in die 1980’s met, onder meer, die Sowjetunie gedoen het, deur kragdadigheid lande en leiers in die regte rigting te dwing, eerder as om halsoorkop in oorloë betrokke te raak.
Nasiesbeker se tuiste Saterdag bepaal
Saterdag se kragmeting tussen Uruguay en die Argentynse Vyftiental in Montevideo, Uruguay, sal die tuiste van Wêreldrugby (WR) se Nasiesbeker bepaal.
AfriSake kan selfstandige sakegemeenskap laat realiseer
Die sakebelange-organisasie AfriSake het Dinsdag sy strategiese prioriteite vir ’n selfstandige sakegemeenskap bekend gestel:
Springbokspan: Rassie kies drie nuwes teen Engeland
Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het drie toetsnuwelinge in sy span vir Saterdag se eerste toets op Ellispark teen Engeland ingesluit.
Grondwethof sê oor vuurwapenlisensies
Die konstitusionele hof het Donderdag uitspraak gelewer in die hofgeding rakende vuurwapenlisensies.
Van Breda-vonnis: ‘Dit was ʼn koelbloedige moord’
“Jy het drie ongewapende mense met ʼn byl doodgemaak en wou ʼn vierde mens vermoor. Dit was jou onmiddellike familie en die motief is nog onduidelik.”
Foto’s: Vervelige strate opgekikker
Straatkunstenaar Tom Bob se kunswerke waarborg om jou te laat glimlag!
All Blacks: Barretts maak geskiedenis, groot “groentjie” op die bank
Die All Blacks se afrigter Steve Hansen het, soos verwag is omdat dit vir elke All Blacks-span geld, ʼn bulspan gekieseerste van die drie toetse teen Frankryk.
Tweede slag vir Stella
Skaars twee weke ná die moord van twee tienermeisies van Stella in Noordwes skokgolwe deur die land gestuur het, het nóg ʼn slag die dorp getref.
Afrika se oudste nasionale park sluit vir eers oor veiligheid
“Die veiligheid van ons besoekers sal altyd ons hoogste prioriteit bly.”
Shivambu kry wind van voor oor sy ‘rassisme’
Die ANC het gesê Shivambu se tirade opper noemenswaardige vrae oor die vlak van sommige lede van parlement se begrip van hul verantwoordelikhede, veral om die Grondwet te beskerm en te verdedig.
Gauteng-vrou vertel van ‘16 dae van hel’ in Chinese tronk
“Jy weet nie waar jy is nie, jy kan nie met jou man of jou kind praat nie. Hulle het my op ʼn staalstoel laat sit wat lyk soos daai stoele waarin jy sit voor jy tereggestel word. Hulle boei jou voete vas, en sluit jou as’t ware toe in die stoel met ʼn staalraam. Jou hande is op ʼn tafeltjie vasgeboei wat teen die stoel vas is.”
Leon van Nierop se resensie: Breaking In
Dit is geen grootse werk nie, maar jy behoort telkens jou asem in te trek as jy sien waarmee die ma alles vorendag kom om te probeer inbreek (daar is natuurlik ʼn stewige veiligheidsisteem) en hoe sy die skurke uitoorlê.
Henri van Breda hoor sy lot
Die veroordeelde driedubbele bylmoordenaar, Henri van Breda (23), is Donderdag in die Kaapstad-hooggeregshof gevonnis.
Sassa: ‘Ons sal nié weer verlenging vra nie’
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Woensdag gesê sy plan om teen September heeltemal weg te doen met die dienste van Cash Paymaster Services (CPS) is goed op dreef.
Oudlanddros weer in hof vir bedrog
“Sy het na bewering in 2011 met dié streke begin en nagenoeg R5 miljoen van slagoffers gesteel.”
Leon van Nierop se resensie: Jurassic World: Fallen Kingdom
ʼn Mens sien vinniger deur hierdie draaiboek as wat ouers deur ʼn tiener se verskoning sien oor hoekom hy of sy gisteraand so laat tuisgekom het.