Agt Suid-Afrikaners is ingesluit in die groep waaruit Duitsland se span vir sy uitspeelwedstryd teen Portugal, met die oog op deelname aan aantaande jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan, aangewys sal word. Nóg een is as reserwe benoem.
Lees meerAlles vir Vrydag 8 Junie 2018
Pretoria se eie ‘baken van hoop’
Motoriste op die N1 in Centurion sal eersdaags van beide rigtings met ’n massiewe baken van hoop begroet word.
Swendelaars teiken voormalige mynwerkers
Die departement van arbeid het Vrydag voormalige mynwerkers gewaarsku om versigtig te wees vir enigiemand wat hulp aanbied om hulle met eise by te staan by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF).
‘Mikrogolf’ ry op die snelweg rond
David Tembe, hoof van die Johannesburgse metropolisie, het Vrydagoggend omstreeks 09:30 ʼn taxi in die noodbaan van die M1-suid by Glenhove-afrit voorgekeer.
Komitee bevraagteken polisie se vermoë
Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het Vrydag gesê hy is ernstig besorg oor SAPD se operasionele gereedheid ná vier voorvalle die afgelope week wat gedui het op swakplekke.
Doeanebeamptes wys groot omkoopbedrag van die hand
Drie doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het omkoopgeld van byna R400 000 van die hand gewys nadat hulle die passasier by OR Tambo Internasionale Lughawe aangekeer het.
Fassinerende uitslae in vandeesweek se tussenverkiesings
Die vyf munisipale tussenverkiesings wat vandeesweek plaasgevind het, het fassinerende uitslae gebaar in die aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing.
Lesufi sê oor Parktown Boys High
Die Gautengse departement van onderwys het Vrydag gesê hy neem met kommer kennis oor onakkurate berigte oor Parktown Boys High School in Johannesburg.
ToekomsVenster: Die Amen op die gebed
Sluit jou oë en word bewus van die heerlikheid van hierdie groot Koning wat vandag asemnaby aan jou is. Besing die lof van Hom wat op die troon sit soos wat jy Sy heerlikheid aanskou.
Blitsbokke se sukses nie heeltemal in hul eie hande nie
Die werklikheid is maklik: Die Blitsbokke se kanse om hul reekstitel in Wêreldrugby se sewesreeks te behou, is nie meer heeltemal in hul eie hande nie.
TV-sjef dood in hotelkamer aangetref
“Sy talente het ons altyd verstom en ons sal hom baie mis.”
Kabinet probeer plan maak met ekonomiese insinking
Die kabinet het ‘n taakspan onder leiding van die minister van finansies, Nhlanhla Nene, aangestel om dadelik te vergader en planne te beraam om die afname van 2,2% in Suid-Afrika se bruto binnelandse produk wat gedurende die eerste kwartaal van vanjaar aangeteken is, om te keer.
‘Wonderwerk-peuter’ beleef terugslag
“Carli het ʼn pad wat sy moet stap. As hierdie die laaste paar treë is wat sy moet gee, dan moet ons dit vir haar gemaklik maak.”
Foto’s: Knysna-brande ʼn jaar later
’n Jaar nadat Madré, Tony en jong Michael Johnston in die verwoestende Knysna-brande dood is, het van hul familielede op die plek bymekaargekom waar hul liggame gevind is.
Vermiste Bloem-vrou is met wapen weg
Die vermiste Natasha Mans (41), ma van die 15-jarige Noeline Koekemoer wat in April 2015 in haar ouerhuis in Bloemfontein wreed verkrag en vermoor is, het glo ʼn vuurwapen by haar gehad toe sy verdwyn het.
Parys-boere: Verhoor verloop nou só
Die datum wanneer die strafregtelike verhoor sal voortgaan is ook bekend gemaak.
Wen: Troubeplanning het sopas makliker geword
“Dit is ’n handsakgrootte boekie, wat die bruid wat besig is om troue te beplan die heeltyd by haar kan dra én dit is die eerste van sy soort in Suid-Afrika.”
Die wêreld in foto’s – 8 Junie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Busbestuurder kritiek ná ses skote
Die voorval het plaasgevind net toe die busbestuurder die depot wou binnegaan.
‘Hof skep verwarring oor vuurwapens’
“Die hoë voorkoms van geweldsmisdade soos roof, kapings en roof by woonhuise in Suid-Afrika laat die publiek geen keuse nie as om hulself te bewapen vir beskerming.”