Oudpres. Jacob Zuma het gedreig om korrupte politici te ontmasker “wat voortgaan om sy naam te gebruik om politieke invloed” te kry.
Alles vir Vrydag 8 Junie 2018
‘Spook-hospitaal’ gaan ‘selfde kos om te herbou’
Die bedrag wat begroot is om die hospitaal te sloop is as ʼn “absolute vermorsing van belastingbetalers se geld” beskryf.
Albumbekendstelling: ‘Pure Coenie’
Die uitreiking van ʼn album van Coenie de Villiers is altyd ʼn gebeurtenis, en Pure Coenie is geen uitsondering nie. Hierdie is sy 21ste album en die uitreiking word gevier met twee bekendstellingskonserte in die Atterbury-teater in Pretoria.
Rugbyspeler hou aan hoop twee jaar ná gru-botsing
“Ek was iemand wat altyd alles self gedoen het, en vir geen mens iets gevra het nie.”
Springbokke: Is dit die eerste tree vorentoe of nog ene terug?
Daar is net een manier om die wiel weer in die guns van die Springbokrugbyspan te laat draai wanneer hulle Saterdag op Ellispark in die eerste van drie toetse teen Engeland te staan kom.
Lindie Strydom: Passie wat opoffer
Ek bewonder mense wat vir die liefde van ʼn saak, sonder vergoeding of erkenning, iets van hulleself sal opoffer en gee om hulle passie met iemand anders te kan deel, skryf Lindie Strydom.
Zuma verskyn weer vlugtig in hof
Die staat het Vrydag in die hooggeregshof in Durban gesê hy is gereed om voort te gaan met die saak teen oudpres. Jacob Zuma en dat die verdediging die saak laat sloer.
Ook Slowenië gee verkiesingsoorwinning aan anti-immigrasie party
Slowenië het die soveelste Europese land geword om in ’n redelike kort tyd ’n oorwinning aan ’n anti-immigrasie regse party by die stembus te gee.
Massas huiswerk: Hoe om massanaamwoorde uit te ken
Hierdie week gesels Sophia Kapp, VivA se taaltannie, vinnig oor massanaamwoorde en hoe om hulle in ʼn sin uit te ken.
Vliegtuigongeluk: DNS-toetse dalk nodig weens verminkte liggame
Familie en vriende sal Vrydag poog om hul geliefdes te identifiseer.
Video: In dié klas eet jy roomys
ʼn Kursus word jaarliks aangebied om jou alles van roomys te leer.
Atletiek: Caster bly die koningin van die 800 meter
Twee Suid-Afrikaners het Suid-Afrika in Noorweë verteenwoordig naamlik Carina Horn en Caster Semenya.
Video: ‘Stroomop’ se amptelike lokprent bekendgestel
In ‘Stroomop’ ontmoet ons vyf unieke vroue wat elkeen in hul eie werklikheid verdrink. In ʼn desperate poging om genesing te vind, bevind die vroue hulself op die Oranjerivier op voorgeskrewe avontuurterapie deur ʼn selfhelpgroep.
Baba sterf by kleuterskool: Lykskouing afgehandel
“Nou fokus ons eers om die seer te verwerk en die begrafnisreëlings te tref.”
Bekendstelling: Die voorvader se kleinboet …
Kyk, dié motor is ʼn wenner. Ek’t nog nie met een motorjoernalis gesels wat nie so dink nie, skryf Brendon Staniforth.
SuperSportreeks: Vuurwerk tot louwarm kole wag
Behalwe ʼn enkele stukkie vuurwerk lyk dit of daar Saterdag en Sondag nie veel meer nie as louwarm kole in die SuperSportreeks wag.
Patoloog hou vol Susan het gehang
“Ek kan nie insien dat dit ʼn objektiewe waarneming is dat die persoon versmoor is nie.”
Hoër ruoliepryse is ’n dubbele dosis bitter medisyne
Hy is van mening dat dit ook tot nuwe verbruikerspatrone kan lei waar besparings die groot wagwoord gaan wees. Maree waarsku egter dat die hoër brandstofpryse verbruikersinflasie gaan aanblaas.
Kan die regering vakbonde in die staatsdiens vasvat?
Dlodlo het aan haar kabinetskollegas geskryf en gevra dat hulle by die riglyne van die ministeriële handboek hou. Dlodlo het ook te kenne gegee dat sommige regeringsdepartemente net opgeblaas is.
Video: Eerste kykie na Almero se ‘Monochromie’
Die sanger wil graag grense in die Afrikaanse musiekbedryf verskuif deur diepsinnige lirieke met moderne en interessante klanke te kombineer.