Die Blitsbokke het gestotter, amper gestruikel maar toe reggeruk en met ʼn goeie oorwinning teen Kanada in die derde groepwedstryd weer plek-plek gelyk na ʼn gehaltespan.
Lees meerAlles vir Saterdag 9 Junie 2018
Bokke speel Engelse en hul skeptici stil
Een swaeltjie maak gewis nie somer nie, maar daar is na Saterdag se eerste toets teen Engeland op Ellispark ʼn horde doemprofete wat hulle woorde moet sluk en hul gifpenne moet wegbêre.
Dit was tandekners by Nasiesbeker in Soeva
Dit was tandekners Saterdag by Wêreldrugby (WR) se toernooi om die Stille Oseaan-Nasiesbeker in Soeva, Fidji.
Ramaphosa praat in Kanada oor belegging en grondhervorming in SA
Pres. Cyril Ramaphosa het tydens die G7-leiersberaad in Kanada gesê Suid-Afrika beskou dié land as ʼn strategiese vennoot om ekonomiese uitdagings te oorkom.
Bidsessie vir Noord-Korea-beraad gereël
Die Amerikaanse tak van Geopende Deure het ʼn internasionale versoek aan Christene wêreldwyd gerig om op 11 Junie aan ʼn webinaar deel te neem om vir Christene in Noord-Korea te bid.
Video: ‘As jy net oorleef, kan jy nie droom nie’
Michael Ketterer, wat al verskeie geestelike aanbiddingsalbums vrygestel het, het die beoordelaars van America’s Got Talent onkant gevang met sy talent.
Vrou geloof wat haar direk ná ongeluk oor baba ontferm
Tulonga Neputa, wat haar direk ná ʼn gru ongeluk op die pad tussen Windhoek en Okahandja in Namibië oor ʼn baba ontferm het, word vir haar optrede geloof.
Wallabies blaas Ierland se stoom af
Dit gebeur nie aldag in vandag se rugby met relatiewe hoë tellings dat net twee spelers byna al die punte in ʼn toetswedstryd aanteken nie.
Verkeersbeampte in hof wat glo op meisies skiet
Costa Masoga (42), beampte van die Polokwane-verkeerspolisie, het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord.
All Blacks pluk die Hane se vere
Dis darem jammer dat ʼn skeidsregter weer ʼn groot rol in die uitslag van ʼn toetswedstryd moes speel.
SA weer tot VN-veiligheidsraad verkies
Die algemene vergadering van die Verenigde Nasies het Suid-Afrika Vrydag verkies om as ʼn nie-permanente lid te dien in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) vir die termyn 2019-2020.
Tweede verdagte aangekeer oor Alexandria-boer se moord
ʼn 21-jarige man is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die moord op Riaan Scheepers, ʼn beesboer van die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap.
ANC-KZN se ‘konsultatiewe’ konferensie ook gekanselleer
Die ANC se “konsultatiewe konferensie”, wat die naweek ná die KwaZulu-Natalse verkiesingskonferensie sou plaasvind maar via ʼn hofinterdik Vrydagaand opgeskort is, is ook gekanselleer.
Lang vonnis vir man wat vyf in een aand aanval
ʼn 31-jarige man is in die Bethal-streekshof in Mpumalanga gevonnis nadat hy op een aand vyf persone aangeval het waarna twee aan hul beserings beswyk het.
Hof steek stokkie voor ANC-verkiesingskonferensie
Die ANC se langverwagte verkiesingskonferensie in KwaZulu-Natal is opgeskort ná besorgde partylede se dringende aansoek Vrydagaand in die hooggeregshof in Pietermaritzburg goedgekeur is.
Ma met kinders herenig danksy op-en-wakker polisievroue
Twee kinders, onderskeidelik twee en vyf jaar oud, is met hul ma herenig danksy op-en-wakker polisiebeamptes.
‘Zim nie gereed vir geloofwaardige verkiesings nie’
Zimbabwe is nog nie gereed vir ʼn vry, regverdige of geloofwaardige verkiesing nie, het ʼn afvaardiging van waarnemers van die VSA, Europa en Afrika Vrydag gesê.
LP’s hoor by kenners oor grondonteiening
Verskeie kenners het Vrydag aan die parlementêre hersieningskomitee gesê die regering moet nie “onbeperkte mag” kry om grond sonder vergoeding te onteien nie.
Gedagte vir die dag: Tyd vir rus
Kom julle alleen saam na ’n stil plek toe en rus ’n bietjie. (Markus 6:31)