Die Wes-Kaap is al die afgelope 20 jaar die sirkus van die Suid-Afrikaanse politiek, en die herrie wat tans aan die gang is oor die hernoeming van die Kaapse lughawe wys die provinsie gaan nie maklik van sy reputasie as nasionale politieke hanswors afstand doen nie.
Alles vir Maandag 11 Junie 2018
Coligny-moordsaak: Saak hervat ná siek getuie
Die getuie was onder kruisondervraging van die verdediging toe hy siek geword en regter Ronnie Hendricks die verhoor uitgestel het.
Resep: Tiramisu-terrien
Dít sal jou Maandag ʼn bietjie beter maak!
Vandag se sportnuus
Die twee topgekeurde spelers by vanjaar se Franse Ope op Roland Garros het Saterdag en Sondag met die louere weggestap.
Boek: Tweespoor
In 1940 vertolk Walter Benjamin in sy geskrif, “Űber den Begriff der Geschichte”, dat dít is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk: met oopgesperde vlerke, op die punt om weg te vlieg, kyk hy om.
Verhoor begin teen pa oor beweerde seksdade met seuns
Die man staan tereg op 14 aanklagte wat twee aanklagte van verkragting, asook seksuele aanranding, sameswering tot ʼn seksuele oortreding, seksuele uitbuiting van ʼn kind, kinderverwaarlosing en aanranding insluit.
Stad Johannesburg is finansieel stabiel, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het ʼn berig in ʼn Sondagkoerant verwerp wat aanvoer dat die DA-geleide Johannesburg in ʼn finansiële verknorsing is.
Polisie waarsku persone met huurmotors
Die polisie in die Oos-Kaap het ʼn paar veiligheidswenke gedeel met persone wat motors huur, in die lig van ʼn huisroof wat die naweek in KwaNobuhle plaasgevind het.
Man vas oor moord ná hy meisie betrap
ʼn 25-jarige man sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die moord op ʼn 36-jarige man.
Swerm bye ontwrig politieke byeenkoms
“Ons kan nie sabotasie uitsluit nie,” het hy gesê.
Formule Een: Vettel en Ferrari maak geskiedenis in Montreal
Die Kanadese Formule Een Grand Prix is Sondagaand gejaag.
Atletiek: Ons verspringers stel teleur
Die sesde byeenkoms in die Diamantliga-reeks is Sondag in Stockholm, Swede aangebied. Vier Suid-Afrikaners was in aksie.
Onteiening sonder vergoeding en die ANC se semantiese bedrog
Ons moet dus nie toelaat dat die staat se gonswoorde ons om die bos lei nie. Onteiening sonder vergoeding is ’n semantiese bedrog – nes baie van die ander gonswoorde wat met grondhervorming te make het.
Gedagte vir die dag: Word soos Hy!
Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit ’n deel van jou lewe. (Spreuke 3:3)
Oud-Stormer druk twee keer teen Rusland
ʼn Gewese Superrugbyspeler van die Stormers het Saterdag twee drieë vir Amerika in sy kragmeting in Denver, Colorado, teen Rusland gedruk.
Kiewiete behou Nasiesbeker
Die Kiewiete het Wêreldrugby (WR) se Nasiesbeker die tweede agtereenvolgende keer verower toe hy Sondag die deurslaggewende stryd in Motevideo, Uruguay, gewen het.
Voorlopers kry wind van voor in SuperSportreeks
Twee van die voorlopers het die wind van voor gekry in die jongste ronde van die SuperSportreeks.