Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag verdere getuienis van ʼn forensiese psigiater wat vir die verdediging in die moordsaak teen Jason Rohde getuig het, verwerp.
Alles vir Dinsdag 12 Junie 2018
Gholf: Die tweede major van die jaar is hier
Die toernooi spog met ʼn prysgeld van nagenoeg R160 miljoen.
Leerders laat wéér die speke sing vir liefdadigheid
“Ons visie is om ʼn verskil te maak. Nie een van die leerders is werklik fietsryers nie. Almal probeer hier en daar oefen, maar hulle pak dié fietstoer aan om vir die minderbevoorregte leerders van Laerskool Herold te sê ons is hier; ons sien julle swaarkry.”
Kampsbaai-moord: Verhoor uitgestel ná wending
Die hof het gehoor dat Novella ʼn paniekaanval gehad het en ʼn “selfmoordrisiko” is.
Outa vra dat Dlamini ondersoek word
“Voormalige min. Dlamini het haar mag misbruik deur openbare geld te vermors en met 17 miljoen van Suid-Afrika se mees kwesbare inwoners se lewe te dobbel.”
G7-beraad word dalk binnekort G6+1
Die wêreld gaan ’n onstabiele en gevaarlike fase tegemoet na die naweek se G7-beraad, skryf Leopold Scholtz.
Nat, koue weer vir Kaap voorspel
Kapenaars word aangeraai om hul warm klere nader te trek met die oog op ʼn sterk kouefront wat op pad is en wat na verwagting met stormsterk wind en swaar reënval gepaard kan gaan.
Rassie rits Eddie Jones se mond toe
Mof Myburg, Lofty Nel, Victor Matfield, Johann Ackerman en nou ook Schalk Brits.
SA span weer wenner by Internasionale GS Trophy
Een ding is seker, Suid-Afrikaners weet hoe om ʼn BMW GS te ry, skryf Brian Cheyne.
DA-raadslid geskors ná herrie oor Israel-uitlating
Die DA-raadslid se omstrede twiet het tot ʼn hewige bekgeveg op Twitter gelei.
Weermaglid wat vrou skiet, kort nuwe regspan
Die voormalige korporaal word daarvan beskuldig dat hy verlede jaar vir Carine van Staden (28) ten aanskoue van haar verloofde in spitsverkeer in die noorde van Pretoria geskiet het.
Miljoene geëis ná kind by verkeerde bushalte afgelaai word
Zariah is later 10 blokke verder by ʼn besige kruising afgelaai.
Van die drie grootste partye is die ANC in die slegste toestand
Jan-Jan Joubert, ʼn gesoute politieke joernalis en skrywer van die boek Wie gaan in 2019 regeer? kyk hierdie week in drie artikels na die situasie in die land se drie grootste partye: die ANC, DA en EFF. Vandag kom die ANC aan die beurt. Lees hier wat Joubert oor die stand van sake in die party skryf:
Junior Bokke: Sewe veranderinge vir die halfeindstryd teen Engeland
Suid-Afrika kry Dinsdag (19:00) in Narbonne in die halfeindronde van die o.20-Wêreldkampioenskap teen Engeland die kans om te bewys dat hulle wél die gehaltespan is waarvan voor die toernooi gewag gemaak is.
Man op kleinhoewe geskiet; verdagte doodgeskiet
Die egpaar se honde is eers vergiftig voor die aanvallers toegang tot die huis verkry en die egpaar in hul bed oorval het.
Man voltooi Comrades op krukke ná talle terugslae
Lees hier hoe Hein Venter, ʼn pa van drie, en Xolani Luvuno, wat voorheen aan drank en dwelms verslaaf was, se ongewone vriendskap daartoe gelei het dat Luvuno die naweek op een been die Comrades voltooi het.
Twee dood, 29 beseer toe bus omslaan
“Daar word beweer dat die bestuurder aan die slaap geraak het waarna die bus van die N12-Oos oor die versperring gegaan en op die N12-Wes beland het.”
’n Styging in rentekoerse dalk SA se voorland
Intussen sê NKC Economic Research dat die rand se huidige swakheid ook verwant is aan die Amerikaanse handelsoorlog oor staal en verwante produkte. Die agentskap se beleggers verkoop riskante bates om veilig te bly. Die rand het Vrydag tot sy swakste vlak in ses maande gedaal.
Uitdrukking: Iets pas in iemand se kraam
Die uitdrukking “Iets pas in iemand se kraam” word gebruik wanneer iets presies is wat iemand wil hê. Taaltoffie ondersoek die herkoms van dié uitdrukking
Foto’s: Só het beraad tussen Trump en Kim Jong-oen afgeloop
Die geskiedkundige beraad tussen pres. Donald Trump van die VSA en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-oen het Dinsdagmiddag tot ʼn einde gekom met die twee staatshoofde wat ʼn “belangrike en omvattende” dokument onderteken het.