ʼn Stuk of tien rugbyspelers en ʼn drietal afrigters met Suid-Afrikaanse wortels vestig hul hoop op deelname aan aanstaande jaar se toernooi in Japan om die Wêreldbeker op Saterdag se aanspraakstryd tussen Duitsland en Portugal in Heidelberg, Duitsland.
Lees meerAlles vir Vrydag 15 Junie 2018
Talle in hof ná Koster-betogings
Maroela Media het vroeër berig ʼn vragmotor waarin lewende hoenders vervoer is, is Donderdag tydens die betogings geplunder.
Chaos bars los in Oos-Kaap oor dienslewering, HOP-huise
Die polisie moes teen Vrydagmiddag skokgranate en rubberkoeëls gebruik om die skares uiteen te jaag.
Eskom: Groot verligting ná Gordhan ingryp
Daar sal moontlik dié naweek geen lig in die land af wees nie.
Polisie loof reusebeloning, identikit uit ná konstabel se skietdood
“Die verdagtes het onverwags vuurwapens te voorskyn gebring en op die beamptes losgebrand.”
Wallabies teen Ierland belangrik vir SA
ʼn Toetswedstryde wat Saterdag vir Suid-Afrika miskien belangriker is as die kragmeting tussen die All Blacks en Frankryk, is dié tussen Australië en Ierland in Melbourne (afskop 12:05).
ToekomsVenster: Die Koningskind wat leef en brood breek
Vir ons vat die gebeure ons terug na die Nagmaal. Daar waar Jesus gesê het dat die brood Sy liggaam is en die wyn Sy bloed en elke keer as die gelowiges dit saam gebruik, moet hulle aan Hom dink.
Dié man gesoek ná jong man se skietdood
Die polisie in Noordwes het vandeesweek, sowat ʼn week ná Francois Swart (21) gesterf het nadat hy twee keer op ’n kort afstand met ’n gaspistool in die nek geskiet is, foto’s uitgereik van ʼn persoon wat die polisie kan bystaan met die ondersoek.
‘Kokkedoor’-man bak vir ʼn vale melkterte vir sy seun
Hy bak tussen 40 en 60 melkterte per dag vir sy seun.
Bekendstelling: Nissan se nuwe Micra beïndruk
Stormwinde en stortreën kon nie die Micra van spoor gooi nie. Die wind het beslis probeer – maar hy moet bieg, die Micra het met sterk stewels die 340 km-roete aangedurf, boonop sonder enige kwale, skryf Brendon Staniforth.
Die wêreld in foto’s – 15 Junie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Moenie ‘Die Stem’ ’n proteslied maak nie, versoek FAK-hoof
“In hierdie konteks het die sing van ‘Die Stem’ vir baie Afrikaners ’n proteslied teen die minagting, miskenning en marginalisering van kulturele identiteit en geskiedenis geword.”
Vrou, baba sterf toe dak op hulle val
ʼn 37-jarige vrou en haar eenjarige dogter is Vrydagoggend dood toe hul huis se dak ineengestort het.
ʼn Omvattende boek oor oorlogvoering in Afrika bekendgestel
Oudkollegas van De Vries sê die boek span die kroon op sy loopbaan as militêre denker in die Suid-Afrikaanse krygsgeskiedenis.
Beurtkrag: ‘Eskom skuld die publiek antwoorde’
“By Eskom het die staatskapingmonster hom só dik geëet hy wil bars. Die kragvoorsiener het ʼn reuseskuldlas en te veel werknemers wat hy nie kan bekostig nie.”
Jeffreys-egpaar dood in huis aangetref
“Die polisie is omstreeks 10:00 na die huis ontbied waar beamptes op ʼn tragiese toneel afgekom het.”
Kleinhandelverkope veel laer as verwagting
Daar is egter kommer dat die kleinhandelgegewens waarskynlik die weg kan baan vir ’n swakker tweede kwartaal wat die ekonomie in ’n tegniese resessie kan plaas.
Modimolle-plaasaanval: Vrou kritiek
Die aanvallers het geld geëis en in die proses vir Lesley deur die ruit van die bakkie geskiet.
FAK vra dat regering afstand doen van ‘Die Stem’ se outeursregte
“Op dié wyse lig ons ‘Die Stem’ uit die politieke bokskryt, sodat dit as ’n kultuurlied soos ander Afrikanerkultuurliedere in die FAK-Sangbundels gekoester, gesing en bewaar kan word.”
Verbruikersake: Vermy só motorklagtes
Die Ombudsman vir die Motorbedryf het volgens sy verslag vir 2017, wat onlangs bekendgestel is, in 2017 ’n totaal van 194 845 oproepe ontvang, wat gelei het tot 7 693 nuwe klagtes wat geopen is. Altesaam 16 448 klagtes is in 2017 afgehandel. Ina Opperman het gaan kyk na klagtes wat in die jaarverslag genoem is en wat verbruikers daaruit kan leer.