Plek-plek het die verdedigende kampioene kuikenmoord gepleeg in die jongste ronde van die provinsiale klubligas landwyd.
Alles vir Vrydag 15 Junie 2018
Afrika: Nuwe Namibiese kaptein; Kenia in krisis
Namibië het ʼn nuwe kaptein vir Rugby Afrika se komende reeks om die Goue Beker gekies; en Kenia dreig om vanweëʼn geldknyp aan die reeks te onttrek.
Gewese Ligbloue en vader van dinastie sterf
ʼn Gewese speler van die destydse Noord-Transvaal, en die grondlegger van ʼn rugbydinastie wat dit 70 jaar later steeds in Suid-Afrikaanse rugby laat geld, is Donderdag oorlede.
Gordhan gryp in by Eskom-dispuut
“Alle partye word ook versoek om hulle te weerhou van geweld en intimidasie en nie die aflewering van steenkool te ontwrig nie.”
Natu-adjunk ontvang doodsdreigement ná ‘sluipmoordpoging’
Hy is in Mei deur die ruit van sy motor geskiet en tot by die hospitaal deur sy aanvallers agtervolg.
SuperSport se fokus val op George en Mdantsane
Die SuperSportreeks se fokus val Vrydag en Sondag op George en Mdantsane.
Pta-polisiestasie tydens onluste beskadig
Die provinsiale polisie met die hulp van omliggende streke se beamptes, die openbare ordepolisie, die polisie se lugvleuel en die Tshwane-metropolisie moes in die ooste van die stad ingryp.
Husqvarna Vitpilen: Twee nuwe pyle in ʼn historiese koker
In die laat 50’s, toe jy nog in jou kantoor kon rook en ʼn oproerige kind die roede kon inlê, het Husqvarna ʼn 175 cc-enkelsilindermotorfiets in Swede bekend gestel: die Silverpilen. Die naam beteken Silwer Pyl. Nou is die Husqvarna Vitpilen hier.
Redakteursbrief: ʼn Ode aan myself (en ander werkende ma’s)
‘n Ode aan elke werkende ma.
Vandag se sportnuus
Die Springbokspan wat Saterdag in die tweede toets teen Engeland in Bloemfontein speel is bekend gemaak.
Een kaart wat jou lewe makliker kan maak
Dit is geen maklike taak om jou sente om te draai nie, want dit verg kophou tussen die magdom kaarte en rekeninge. Moenie langer sukkel nie … dié kaart kan jou lewe makliker maak.
Nuuskommentaar: Wees sterk
Al hoe meer berigte lui dat pres. Cyril Ramaphosa se wittebrood verby is, en dat die kwessie van onteiening sonder vergoeding die land bitter seer byt nog voor dit werklikheid kon word. Twee liedere, “Die lied van Jong Suid-Afrika”, en die Afrikaanse bewoording van “Plea for Africa”, kan dalk ’n herstelpoging inlui wat tot almal se voordeel is.
Tekenprent: OB sê oor Zille se kolonialisme-twiet
Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het bevind dat Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, nie in goeder trou óf in die beste belang van goeie regering opgetree het in haar uitsprake oor kolonialisme verlede jaar nie.
Meneer die president, gee asseblief ons Stem terug
President Ramaphosa se stelling in die parlement op 24 Mei 2108, dat “Die Stem” nie ’n simbool van Afrikaneridentiteit is nie, maar ’n simbool van diskriminasie, verdrukking en ellende roep om ’n antwoord, skryf dr. Danie Langner van die FAK.
Vrou, drie mans dood in huis aangetref
Die polisie is op soek na leidrade wat kan lei tot die inhegtenisneming van ʼn groep verdagtes wat verantwoordelik is vir die moord op ʼn vrou en drie mans.
‘Verkragter’-stiefpa: Hof wil man se geestestoestand bepaal
Die 43-jarige man word daarvan beskuldig dat hy glo vir meer as vyf jaar sy minderjarige stiefdogter seksueel misbruik het.
Faal die wet op onderhoud dié land se enkelouers?
Daar is dikwels ’n somber reaksie by geskeide Suid-Afrikaanse ouers wanneer daar gesels word oor die Wet op Onderhoud, meer spesifiek onderhoud van minderjarige kinders, en die toepassing daarvan in die Suid-Afrikaanse howe.
Grondonteiening sonder vergoeding: Laaste dag vir insette
Suid-Afrikaners het nog slegs ʼn enkele dag (Vrydag 15 Junie) om insette te lewer op die voorgestelde wysiging van die grondwet om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding.
Oor geestelike fiksheid en pretlope
Ek is egter van mening dat die meeste mense meer vertroud is met die gedagte van fisieke fiksheid as geestelike fiksheid. Terwyl baie in ons tyd fokus op fisieke oefening, kom die kwessie van geestelike oefening kwalik ter sprake.
Junie is ’n herinnering en wekroep vir positiewe verandering
Gegewe my beroep as ʼn omgewingsjoernalis, was ek seker altyd in ʼn mate bewus van die impak van plastiek, maar dit was spesifiek tydens ʼn storie wat ek vir die nasionale uitsaaier gedoen het waar my oë werklik oopgegaan het.