Hy het ʼn appeltjie te skil met motorvervaardigers, skryf Brendon Staniforth.
Alles vir Maandag 18 Junie 2018
Mynbouhandves ‘bevorder nie mededingendheid’
Die jongste weergawe van die mynbouhandves is ʼn wesenlike verbetering op ʼn vorige weergawe, maar daar moet nog baie meer gedoen word om ʼn handves te skep wat mededingendheid, belegging, groei en transformasie bevorder, het die Mineraleraad van Suid-Afrika (MRSA) Sondag gesê.
Video: Ouers moet byna R2 miljoen opdok ná kind kunswerk omstamp
“Jy is verantwoordelik vir die toesig van ʼn minderjarige kind. Jou versuim om hom dop te hou, word as nalatigheid beskou.”
Man kritiek ná vliegongeluk
Paramedici en reddingspersoneel is deur plaaslike boere bygestaan en moes by die steil en klipperige heuwel afklim om by die vlieënier uit te kom.
Kampsbaai-moordbeskuldigde ‘nie in toestand om verhoor te word’
“Hierdie hele ding is ontketen deur jou kliënt wat nie verlede Maandag sy medikasie gedrink het nie. Hy het gekies om dit nie te drink voor hy hof toe gekom het nie.”
Video: Paul du Toit, Jenna Dunster in nuwe Marais-stuk te sien
Nadat Paul du Toit verlede jaar met ʼn Fiesta-toekenning vir die beste akteur in ʼn teaterproduksie vereer is, keer hy vanjaar terug na die verhoog saam met die aktrise Jenna Dunster om Eugène Marais se tydlose Uit die bloute-teaterstuk weer nuwe lewe te gee.
Woord: motto
Waar kom die woord “motto” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in
Varsgebekkig: Die hoenders slaap in die kombuis om die erf skoon te hou
Die Varsgebekkig- uitdrukking van die week is “die hoenders slaap in die kombuis om die erf skoon te hou”.
‘#OfcourseMeToo’ net sowel die kreet van Christenvroue in Colombia
Seksuele geweld as ʼn manier van vervolging: As Christenvroue in Colombia op ʼn hutsmerk kon besluit, kon dit net sowel #OfCourseMeToo gewees het…
Die lang paadjie wat rugbyafrigters moet stap
Wanneer ʼn rugbyafrigter die dag aangestel word, moet daar baie goed raakgevat word, want soos in enige ander maatskappy kan jou nuwe uitvoerende hoof jou maak of breek.
Video: Skote klap toe transitorowers toeslaan
Daar kan gehoor word hoe ʼn omstander sê: “Daar laai hulle die geld!” voordat die skote klap.
Wit mense in Suid-Afrika skrikwekkend minder
Dr. Frans Cronje van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge is verlede jaar deur ʼn joernalis genader oor die toekoms van wit mense in Suid-Afrika. Sy antwoord was dat wit mense teen die middel van hierdie eeu bes moontlik uit die bevolking sal verdwyn het.
Cecile Cilliers oorlede
Die bekende skrywer Cecile Cilliers is Saterdag in die ouderdom van 85 oorlede.
Natasha Mans: Polisie ‘pas legkaartstukke in mekaar’
Mans se liggaam is agter ʼn boom op ʼn oop stuk erf langs haar vriend se huis aangetref.
Gholf: Koepka kraai koning in tweede major
Die wêreld se voorste spelers het mekaar van Donderdag tot Sondag die stryd aangesê in die 118de Amerikaanse Ope- gholftoernooi.
Kragnetwerk sal tot 10 dae neem om te herstel
Verbruikers is aangeraai om vandeesweek steeds voorbereid te wees op die moontlikheid van kragonderbrekings en beurtkrag.
Vrou oor k-woord van Kulula-vlug verwyder
“Ons vlug mag tien minute vertraag wees, maar as Suid-Afrikaners kan ons nie toelaat dat sulke optrede voortgaan nie.”
Vriendin wat glo baba ontvoer vasgetrek ná wenk
ʼn Leidraad van die publiek het tot die vrou se inhegtenisneming gelei.
Nuuskommentaar: Het ons niks geleer, aanbeweeg oor rassisme?
Die land kon die naweek bloot die kop skud oor ’n paar voorvalle van kleinburgerlike rassisme. Die probleem is dat dié voorvalle dikwels ’n anker het in skeefgetrekte opvattings en norme wat die regering nie behoorlik wil kortvat nie.
SA man wat vrou probeer vermoor in Britse hof gevonnis
Die regter het gesê Cilliers is deur seks en geld gemotiveer en dat hy “uitsonderlike gevoelloosheid” getoon het deur sy 42-jarige vrou, Victoria, twee keer te probeer vermoor.