“Die Johannesburgse metropolisie en polisiebeamptes is op die toneel.”
Alles vir Dinsdag 19 Junie 2018
Gespringery ná doel lei tot ‘aardbewing’
Seismoloë in Mexiko Stad het bevestig dat sokkerondersteuners letterlik ʼn “natuurkrag” is.
Rowers vlug sonder geldsakke ná transitorooftog
Vinnige reaksie van beamptes van die polisie se nasionale ingrypingseenheid het daartoe gelei dat die rowers wat Maandagoggend op ʼn transitovoertuig in Kaapstad toegeslaan het, sonder die sakke kontant in die voertuig op die vlug moes slaan.
Eskom: Onderhandelings voortgesit
Vandag kan moontlik ʼn bepalende dag vir kragverbruikers wees wanneer Eskom en drie sleutelvakbonde terugkeer na die onderhandelingstafel om oor salarisverhogings te praat.
Polisiebeamptes, oudweermaglid aangekla oor FB-uitlatings
“Ons is in besonder bekommerd oor die ooglopende dubbele standaarde wat toegepas word in die vervolging van persone wat rassisme pleeg of geweld of haat aanhits. “
Resep: Vegetariese frikkadelle met suurroomsous
Selfs vleisliefhebbers sal van dié frikkadelle hou!
Vandag se sportnuus
Dit blyk dat Rassie Erasmus vier tot vyf veranderinge aan die Bokspan gaan aanbring vir die derde toets Saterdag teen Engeland in Kaapstad. Die weer sal ook bepalend wees oor hoe die Bokke se spelpatroon sal lyk.
Treindrywer vermoor: Vakbond sê ‘genoeg is genoeg’
“Prasa het die afgelope paar jaar nié daarin geslaag om doeltreffende veiligheid vir sy werknemers die bied nie. Die gevolg is dat die werknemers van die staatsbeheerde onderneming sagte teikens word vir wrede misdadigers.”
Bestuur van staatspensioene ʼn bekommernis
“Dit is verregaande dat die OBK dit betaamlik ag om Eskom as die korporasie se tweede grootste belegging te behou.”
3 swaar gevonnis vir ‘skaamtelose moord’ op polisieman
Die drie mans wat daarvan aangekla is dat hulle ʼn Wes-Kaapse polisieman vermoor het en toe sy dienspistool gesteel het, is dié week gevonnis.
Die terugkeer van die ‘Realpolitiek’
Vir die hoofstroommedia en die globale elite is die presidentskap van president Donald Trump die grootste denkbare ramp en is alles wat Trump aanpak en sê in die oortreffende trap verkeerd, of dit nou buitelandse of binnelandse optrede is.
Gedagte vir die dag: Deur dik en dun
Toe antwoord die Satan die Here: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie! U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie.” (Job 1:9-11)