Die konstitusionele hof het Donderdag ʼn uitspraak in die hooggeregshof bekragtig dat die privaat finansiering van politieke partye en onafhanklike kandidate redelik toeganklik moet wees.
Lees meerAlles vir Donderdag 21 Junie 2018
Pensioenarisse eis verhogings
ʼn Groep van ongeveer 100 pensioenarisse van Dobsonville in Soweto het Donderdag na die ANC se Luthuli House opgeruk om ʼn verhoging in hul maandelikse betalings te eis.
Polisiebeampte tydens transitorooftog doodgeskiet
Ses persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn transitorooftog Donderdag in Hillbrow, Gauteng, waartydens ʼn polisiebeampte doodgeskiet is.
Sanco verwelkom premierskandidaat vir Noordwes
Die burgerregtegroep Sanco (South African National Civic Organisation) in Noordwes het Donderdag die ANC se nominasie van prof. Job Mokgoro (70) as premier van die provinsie verwelkom.
Eskom ‘mors ons tyd’, sê vakbonde
Vakbonde wat in loononderhandelings met Eskom betrokke is, het Donderdag gesê hulle is teleurgesteld dat die kragvoorsiener nie aan hul eise voldoen nie en gesê Eskom mors hul tyd tydens die belangrike gesprekke.
Miljoene se juwele in PE gesteel
Vyf mans het Donderdag op ʼn winkel in Greenacres in Port Elizabeth toegeslaan en meer as R4 miljoen se juwele gesteel.
Brand in Johannesburg-middestad
ʼn Brand het Donderdagmiddag in Marshalltown in Johannesburg se middestad ontstaan.
ToekomsVenster: Wees teenwoordig
Om teenwoordig te wees, is meer as om net daar te wees. Dit is om intensioneel beskikbaar te wees. Om binne die bereikafstand van ander te wees. Dit vra ’n ingesteldheid van hart.
Só lyk planne vir Nasionale Gesondheidsversekering
Die minister van gesondheid het Donderdag meer besonderhede bekend gemaak oor die regering se planne vir ʼn Nasionale Gesondheidversekering (NGV).
Esbé Koster-moord: ‘Ek het omgedraai, ek wou nie kyk nie’
“Hy het die wapen op haar gerig en ek het my rug gedraai. Ek wou nie kyk nie… Ek het twee skote gehoor. Toe ek omdraai het ma’am uit haar kop uit gebloei.”
Ingrypende wysigings aan mediese skemas voorgestel
Die minister van gesondheid het Donderdag groot en verreikende wysigings rakende mediese skemas aangekondig wat van toepassing sal word indien konsepwetgewing deurgevoer word.
R3 miljoen skade, drywers in hospitaal ná betoging
Die polisie het Donderdag sy skok uitgespreek oor ʼn protesaksie waartydens talle voertuie gekaap en aan die brand gesteek is en minstens sewe mense erg aangerand is.
Die wêreld in foto’s – 21 Junie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vermiste Pta-vrou se liggaam steeds nie gevind
“Ondersoekspanne is al ʼn paar kere saam met haar man na tonele waar hy beweer het haar liggaam gestort is, maar dié sogenaamde tonele het nog nie een keer vrugte afgewerp nie.”
Boekresensie: Grilgrypers – Web van die mummie
Die tema van die boek is dat mens sterker as jou vrees moet wees; dat jy jou ergste vrese in die gesig moet staar en dit teenstaan. Die goeie oorwin wel die bose.
Springbokspan: Wil Rassie die Engelse van hul voete af hol?
Dit sal jammer wees as dit Saterdag nat is op Nuweland, want die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het juis ’n agterlyn gekies om in droë toestande te floreer.
Man (57) sterf ure ná rugbytoets: ‘Hy wou nooit só sterf’
“Hulle het die toets gekyk, saam gekuier en toe iets gaan kry om te eet by ʼn restaurant in die omgewing. Hulle was nog nie in die hotel nie, toe is Barney dood.”
SA Express-werknemers sal betaal word
Die lugredery se vlugte is in Mei opgeskort nadat die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid sy lugwaardigheidspermitte, bedryfsertifikaat en goedkeurings vir vliegtuiginstandhouding teruggetrek het.
Afrikaanse onderwys is die lewenstroom van die taal
As Afrikaanse onderwys tot niet gaan, sal dit ook die einde van Afrikaans as taal beteken.
Hier is VF Plus se nuwe beleidsraamwerk vir 2019-verkiesing
Die dokument, waartoe Maroela Media toegang gehad het, plaas die party se verbintenis tot die wettige verkryging van ʼn Afrikaner-staat binne die konteks van ʼn snel veranderende wêreld en staatsbestel.