Hy het sy onlangse uitsprake dat die meeste Indiërs rassisties is, herhaal.
Alles vir Maandag 25 Junie 2018
Sukkelende staatsbeheerde ondernemings soek geldinspuiting
Die regering is besig om hoed in die hand by handelsbanke aan te klop vir geldelike steun vir die land se sukkelende staatsbeheerde ondernemings (SBO’s). Hieronder tel Eskom, SAL, Denel, SA Express en Prasa.
Dogter moes langs pa se lewelose liggaam sit voor sy ontsnap
“My suster is gedwing om langs sy lewelose liggaam te sit en sy trouring af te haal om dit vir een van die mans te gee terwyl hulle die huis geplunder het. Hulle het na my pa se lewelose liggaam gewys en vir my suster gesê: ‘Sien jy? Dis wat gebeur as jy nie luister nie.’”
‘Kritieke tekort’ aan verpleegsters
“Ek is geskok deur die erkenning dat dié omstandighede daartoe gelei het dat verpleegbestuur nie behoorlik opgeleide personeel toeken aan pasiënte in kritieke omstandighede nie.”
Stotterende begin vir SA se nuwe uitsaaiplanne
Die minister van kommunikasie, Nomvula Mokonyane, se veelbewoë planne vir ’n nuwe uitsaaibedeling het vanoggend ’n bra stotterende begin beleef toe sy dit by ’n mediakonferensie bekend gestel het.
Draf op die strand word toe tweeweke-nagmerrie
ʼn Vinnige draf op die strand het vir dié 19-jarige ʼn nagmerrie van twee weke geword.
4 op plaas vermoor: Verdagtes in hof
Dié moorde verlede jaar buite Balfour in Mpumalanga het die land geruk.
Varsgebekkig: Afval wat vleis word en dink dis rugstring
Die Varsgebekkig- uitdrukking van die week is “afval wat vleis word en dink dis rugstring”
Kaapse restaurant onder 50 bestes in die wêreld
Dit is die enigste restaurant in Afrika wat dié lys gehaal het.
Foto’s: ‘Game of Thrones’-paartjie haak af
Die pasgetroude paartjie is met roosblare as konfetti bestrooi en het met ʼn Land Rover waarop die woorde “Just Married” aangebring is van die kerk na die kasteel se gronde gery.
Man sterf ná motorfietsongeluk
“Hy was in ʼn kritieke toestand en alle pogings is aangewend om hom te stabiliseer.”
Oom Herrie se kerrie: Nuweland
Die groot rugbynuus die afgelope Saterdag is natuurlik nie dat die Springbokke teen die bleekbene verloor het nie, maar dat dit dalk die laaste rugbytoets op hierdie besondere veld was.
Wees verantwoordelik met grondbestuur
Meeste Suid-Afrikaners glo dat grondhervorming nodig is, maar glo dat die proses eerlik, opreg en openlik moet geskied. Die Grondwet moet voorop gestel word, waarby ingesluit die beginsel van eiendomsreg en die vryemark, soos lankal reeds ooreengekom.
Familie soek na vermiste Kaapse sielkundige
Groot kommer heers oor die welstand van ʼn kliniese sielkundige van Kaapstad wie se verlate motor dié naweek in die Cecilia-woud aangetref is.
Nóg ʼn internasionale ster op pad na SA
Die sanger is met vier Grammy-musiektoekennings bekroon en sy jongste album het reeds meer as 15 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop.
Verbruikersake: Alles wat jy moet weet van bêrekoop
Ina Opperman verduidelik wat jou regte is wanneer jy iets bêrekoop en hoe jy hierdie regte kan toepas.
Naas en Elton se aanslane
Toe die Springboklosskakel Elton Jantjies Saterdag op Nuweland die bal ʼn tweede keer in die derde toetswedstryd teen Engeland aanslaan, het ek aan Naas Botha teruggedink toe hy die bal in 1978 ook aangeslaan het.
Gesin ‘verlig’ oor inhegtenisnemings ná plaasmoord
“Niks in die lewe kan ons seun aan ons teruggee nie, almal rou nog met verlange. Sy plekkie by ons is leeg.”
Veiligheid by landdroshof skok
“Die bevinding was kommerwekkende onveilige toestande vir die personeel en lede van die publiek.”
Chaos toe meisie se lyk gevind word
“Die liggaam van ’n kind is in ’n vlak graf in die erf gevind.”