Met die eerste groep jong Suid-Afrikaners wat veilig terug is in die land nadat hulle sonder hul paspoorte in China gestrand was, is dit nou tyd om die hele affêre in oënskou te neem. Wie se skuld was dit dat hul paspoorte afgeneem is, en wie moet die dank kry dat hulle nou terug is?
Alles vir Woensdag 27 Junie 2018
Hap saam met Lochner: Spaanse spek met ham
Hierdie week maak Lochner iets interessants wat jy nog nie gesien het nie! As jy van spanspek hou, is dit dalk jou volgende gunstelinggereg.
Verbruikersake: Jy kan aandring op verbruikerskontrakte in Afrikaans
Nie alle verbruikers verstaan Engels – veral die formele Engels wat in verbruikerskontrakte gebruik word – so goed nie. Wanneer hulle dan aandring op ’n weergawe in Afrikaans, word hulle dikwels ingelig dat die maatskappy net in Engels werk. Dit is egter nie so eenvoudig nie, verduidelik Ina Opperman.
Boere hou optog oor suikerinvoere
Honderde suikerrietboere het Dinsdag ʼn massiewe optog in Pretoria gehou om te versoek dat dié sukkelende sektor deur die owerhede beskerm moet word.
ANC veroordeel moord op aarbeiboer
Die ANC in die Wes-Kaap het sy skok uitgespreek oor die moord op die bekende aarbeiboer Jeffrey Zetler.
AfriForum steun saak oor vermiste kleuter
“Die familie het AfriForum se privaatvervolgingseenheid genader aangesien hulle voel die polisie het nog nie ʼn behoorlike ondersoek gedoen om vas te stel wat met die driejarige Lee gebeur het nie,” het adv. Gerrie Nel gesê.
Vandag se sportnuus
Hierdie week val die kollig in die Europese reeks op die 102de Franse Ope wat in Parys gespeel word.
Net die regte bril vir Suid-Afrika
In Amerika maak hulle nou brille wat 80% van die voorheen kleurblindes kleur laat sien. Dit laat mens dadelik dink aan die enorme Suid-Afrikaanse mark wat vir die Amerikaners oopgaan. Dink net as hulle brille kan maak wat ‘n kleiner kontras tussen wit en swart wys.
Boek: Die verlore pikkewyn – ʼn Paul & Vlekkie verhaal
Hulle grom vir die tiere, bewonder die meerkatte en kom af op ʼn baie oulike klein pikkewyntjie, Piep, wat baie hartseer lyk.
Mercedes Benz kondig reusebelegging in SA aan
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag gesê dié besluit is ʼn verklaring van vertroue in die land en sy ekonomie.
Vakbond, EFF dreig met nasionale stilstand in dié winkels
Werkers eis ʼn minimum basiese salaris van R12 500 vir pakhuiswerkers en R15 000 vir bestuurders, asook ʼn dertiende tjek, mediese fonds en voorsorgfonds.
Betogers saai amok in Mpumalanga
“Meer as 150 is al in verband met die voorvalle in hegtenis geneem, maar die situasie is steeds baie gespanne.”
Gedagte vir die dag: God werk met ’n ou Kodak-kamera
Dit is Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek is getrou aan Myself, Ek dink nie meer aan jou sondes nie. (Jesaja 43:25)