Die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys, Umalusi, het Maandag die verkope van vervalste matrieksertifikate veroordeel. Die raad het twee webwerwe geïdentifiseer wat by dié bedrogspul betrokke is.
Lees meerAlles vir Maandag 2 Julie 2018
Sanef besorg oor sluiting van koerant
ʼn Vergadering is verlede week Donderdag met die verslaggewers belê waar hulle in kennis gestel is dat die koerant sy laaste uitgawe publiseer.
Vermiste sokkerspan veilig gevind
Al 12 seuns en hul sokkerafrigter is veilig gevind, nege dae ná hulle in grotte in Thailand verdwyn het.
‘Baie belangrik om SAID se geloofwaardigheid te herstel’
Nhlanhla Nene, minister van finansies, het Maandag gesê die regering is verbind daartoe om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te stabiliseer as ʼn geloofwaardige onderneming en om seker te maak dat inkomsteteikens behaal word.
Pogings begin om De Lille-debakel te beredder
Pogings het agter die skerms begin om die tweespalt tussen sommige DA-leiers en die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, op te los, maar in hierdie stadium lyk dit of dit baie moeilik gaan wees om sukses daarmee te behaal.
Moyane wil nou Ramaphosa vra om SAID-ondersoek op te skort
Tom Moyane, geskorste hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se regsverteenwoordiger het gesê hulle sal pres. Cyril Ramaphosa nader om die kommissie van ondersoek oor die administrasie van die SAID op te skort.
Stiefdogter (14) swanger ná verkragting
ʼn Stiefpa is in die Empangeni-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy sy stiefdogter verkrag het.
Broers vas wat glo polisiebeampte skiet
Twee broers het Maandag in ʼn hof in Bloemfontein verskyn op aanklag van poging tot moord nadat hulle glo ʼn polisiebeampte geskiet het.
ToekomsVenster: Moenie ’n dag kwaad afsluit nie
Wees gou om mense te vergewe en vry te spreek. Moenie dat die son onder gaan onder jou toorn nie. Moenie ʼn dag kwaad afsluit nie, maan die Skrif. Handel elke dag se skuld af. Betaal die rekeninge. Sorg dat die balansstaat klop.
Boete, gemeenskapsdiens ná rassistiese uitlatings op FB
Pamela MacDougall het aangevoer dat Stephanie Odendaal se uitsprake op onregverdige diskriminasie neerkom en ʼn miskenning van haar reg op menswaardigheid is.
Regter sê oor versoek dat SAID-ondersoek gestaak word
Die regter het Tom Moyane, geskorste hoof van die Inkomstediens, se regsverteenwoordiger se vertoë as ʼn “skande” bestempel.
DA se premierskandidate bekend
Meer as 30 DA-lede het hulself verkiesbaar gestel om volgende jaar hul party se provinsiale premierskandidate te wees.
‘Project Runway SA’ binnekort op die kassie
Die bekende modeontwerper Gert-Johan Coetzee sal as mentor optree vir die deelnemers.
Die wêreld in foto’s – 2 Julie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Woord: koningmaker
Taaltoffie ondersoek die betekenis en herkoms van die woord “koningmaker”
Man beseer toe ‘loerkamera’ ontplof
ʼn Man is beseer toe ʼn kamera op sy skoen, wat hy wou gebruik om onder vroue se rokke in te loer, ontplof het.
Saak teen regter Hlophe wéér uitgestel
Hlophe word daarvan beskuldig dat hy regters van die konstitusionele hof probeer oortuig het om in die guns van oudpres. Jacob Zuma te beslis in sake waarby hy betrokke was.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 2 Julie 2018
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Duikers al nader aan vermiste sokkerspan
Die duikers kon voorheen nie verder as dié punt beweeg nie, omdat hulle kort-kort uit die grot moes onttrek weens stygende watervlakke.
Medelye stroom in ná Zuma-seun sterf
“Ons gedagtes en gebede is met die familie en ons wens is dat die Here vir voormalige pres. Zuma krag sal gee.”