Vryskutters kan van 1 Julie vir die “Bemark jouself!”-kompetisie inskryf.
Alles vir Maandag 2 Julie 2018
Mej. Doof stap 70 km in ysige koue om baba te help
“Aan die einde van die dag is die gemeenskappe van die dorpie baie klein; elkeen het maar ʼn behoefte om te help waar hy of sy kan. En dit was groot pret: Die temperatuur was by tye op vriespunt gewees, maar dit is iets wat hulle vir altyd sal onthou.”
Padveiligheid: Privaat opleiding is elke sent werd
Toe ek so ’n paar jaar gelede begin gholf speel het, het ek nie vir een les gegaan nie. Hoe moeilik kan dit tog wees? Tog – as ek van die begin af vir lesse gegaan het, was my rekening soveel minder en my gholfstokke dalk nou nog in my besit. Dit geld ook vir motorfietsry.
Foto’s: Gemeenskap help motorwagte met hul droomtroudag
“Die dankbaarheid wat uit dié twee mense kom kan amper nie in woorde beskryf word nie.”
Vermiste hond veilig opgespoor ná kaping
Sasha het ʼn oop wond aan haar kop gehad en is na ʼn veearts geneem.
Nuwe rigting vir jagongeluk-saak
Hepburn het verlede week weer in die Modimolle-streekshof in Limpopo verskyn waar die hof gehoor het die direkteur van openbare vervolging het gereageer op vertoë wat Hepburn se regspan aan die kantoor gerig het.
Pa dalk verlam ná kleinhoewe-aanval: ‘Hy vra nie hoekom nie’
“Hy het gisteraand weer vir my ʼn boodskap gestuur en gesê maak nie saak wat vorentoe gebeur nie, hy weet dat dié ʼn nuwe paadjie is wat die Here vir hom uitgekap het.”
Seksuele teistering by die werk: Hoe gemaak?
“Mense is baie oningelig oor wat presies seksuele teistering is en wat hulle moet doen as hulle daaroor wil kla.”
Foto’s en video: Dele van SA toe onder sneeukombers
Sosialemediagebruikers het sedert Sondag verskeie foto’s op sosiale media begin deel van paaie, tuine, motors en huise wat toe is onder ʼn sneeukombers.
Man by kleinhoewe se hek doodgeskiet
Volgens die polisie het hy by ʼn vriend se kleinhoewe gekuier en was hy op pad terug na sy huis toe hy oorrompel is.
Vier dood in gru-botsing
“ER24 se paramedici het omstreeks 7:55 op die toneel aangekom en ander nooddienste was ook reeds daar.”
Ondersoeke na POF-‘plunderput’ gevra
Volgens berigte het die tegnies insolvente POF ’n huurkontrak vir meubels aangegaan waarvolgens 300 stoele verskaf word teen ’n koste van R500 000 per maand.
Hoe kan 6de beter wees as 2de, 3de, 4de of 5de?
Dis weer sulke tyd, daardie tyd van die jaar wanneer ʼn span wat sesde op die Superrugby se puntelys is, hoër geag word as ʼn span wat tweede, derde, vierde en vyfde is, en dus in die uitspeelrondes tuisveldvoordeel kry.
Nóg ʼn koninklike troue in Windsor
“Ons is lief vir Jack en ek is so opgewonde om ʼn seun, ʼn broer en ʼn beste vriend in hom te hê. Sy is een van die wonderlikste mense wat ek ken en saam sal hulle suiwer harmonie wees.”
Man tronk toe ná student se sleepdood
“Ek dink nie hy het bedoel om Jared dood te maak nie, maar tot aan die einde het hy volgehou met sy weergawe en het hy nie berou getoon of jammer gesê nie.”
Oom Herrie se kerrie: Die wonder van dennepitte vir ’n kind (en grootmens)
Langs die Herries se huis in Stellenbosch het ’n groot kroonden gestaan. Dis nou die soort wat nie ’n spitspunt het soos die “gewone” den nie (die kersboom) …
Polisie steeds op soek na leeustropers
“Vier van die ses dooie leeus se koppe en pote is afgekap, en twee het steeds hul ledemate gehad.”
SA se goudmyne, ʼn soort bedreigde spesie
Suid-Afrika het ʼn luisteryke goudmyngeskiedenis. Dit was ook die dryfkrag wat ekonomiese groei en infrastruktuurbesteding in die vroeë 1900’s ondersteun het en die land se ekonomie tot die grootste in Afrika gestoot het.
Veertig en tevrede
Die laaste 40 jaar het baie vinnig verbygegaan, maar ek is vol moed en opgewondenheid vir die onbekende wat môre begin.
Varsgebekkig: Die asem sit nog
Die Varsgebekkig- uitdrukking van die week is “die asem sit nog”