Die familie van oudpres. Jacob Zuma het Woensdag bekend gemaak wat die lewe van Vusi Nhlakanipho Zuma, een van Zuma se seuns, geëis het.
Lees meerAlles vir Woensdag 4 Julie 2018
Skietgeveg tussen polisie en ‘kapers’ eis 4
ʼn Skietgeveg tussen die polisie en ʼn beweerde groep rowers het Woensdag die lewens van vier mense geëis.
Eskom sê hy is nié skuldig aan hersamestelling van skuld
Die nasionale kragvoorsiener Eskom het Woensdag ontken dat hy sy skuld van meer as R300 miljard “herstruktureer”.
‘ANC voer SA’ners met verdelende diskoers oor grondonteiening’
“Alle Suid-Afrikaners loop die gevaar om hulle vryheid te verloor sonder die internasionaal-erkende reg tot eienaarskap wat alle bates insluit. Indien dié reg uit die Grondwet verwyder word, sal grond en eiendom aan niemand behoort nie en altyd in staatsbesit bly.”
‘Rower’ vermoor; verdagtes ure later vasgetrek
Die man se hande en voete was saam agter sy liggaam vasgebind toe polisielede sy liggaam aangetref het.
Menslike oorskot in leeukamp op wildsplaas gevind
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat oorskot wat lyk na dié van ʼn menslike skelet binne ʼn leeukamp op ʼn wildsplaas in aangetref is.
Groot deurbraak jaar ná Centurion-seun se dood
“Dit maak ʼn mens klaar om nie te weet wie verantwoordelik is vir hierdie seer nie. Maar ons wou antwoorde hê. Hoe kan ʼn ma so iets net los? Jy kan nie. Ek sou nooit nie. Al sou dit my 20 jaar geneem het of selfs tot die dag dat ek my kop neerlê, ek sou aanhou baklei het.”
ToekomsVenster: God wat die begin en die einde verteenwoordig
Ons lewens is geborge in Hom. By Hom is ons en ons geliefdes, ons land en die wêreld, veilig.
Ongeluk eis vier soldate
Die bestuur van die weermag het sy skok uitgespreek nadat vier soldate dood is toe die militêre voertuig waarin hulle vervoer is in ʼn ongeluk betrokke was.
Modelbaas ‘gepaste kandidaat vir korrektiewe toesig’
Dawie De Villiers sal self Donderdag getuig.
Die wêreld in foto’s – 4 Julie 2018
Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Foto’s: Pta-vrou bring toe wel kroon huis toe
“ʼn Mens gaan na hierdie kompetisies en verwag dat jy sommer net sal pret hê. Nooit in my wildste drome het ek verwag dat ek terug Suid-Afrika toe sal kom met twee titels nie.”
Verbruikersake: Bedryfskodes wat jou regte beskerm
Ina Opperman het gaan kyk wat die Wet op Verbruikersbeskerming sê oor bedryfskodes en wat dit nou eintlik beteken.
Video: Internet aangelê na seuns in oorstroomde grot
In die jongste video’s wat deur die Thai-vloot bekendgestel is, kan die seuns en hul afrigter gesien word wat sê hulle is oukei en gesond.
Sassa spartel steeds om toelae te betaal
Sassa het onderneem om teen Woensdagmiddag kospakkies uit te deel as verligting indien daar nog nie verbeterings aan die stelsel is nie om te verseker dat mense nie met leë hande huis toe gaan nie.
Padtoets: Dié Mahindra-enjin beïndruk
Die Mahindra is beslis nie die mooiste bakkie met die eerste oogopslag nie, maar darem ook nie die lelikste nie. Dit is tog uit die aard van die saak ʼn bakkie. Tog bied dié bakkie ʼn aangename verrassing, skryf Brian Cheyne.
MRK eis R150 000 van man wat land van wit mense wil ‘reinig’
Die staatsamptenaar het in ʼn tweede inskrywing op Facebook gesê wit mense in Suid-Afrika verdien om soos Jode opgekap en doodgemaak te word.
Griekwas maak ook in nuwe kompetisie sy stem dik
ʼn Curriebeker-titel was in 1970 laas vir Griekwaland-Wes beskore, maar in Suid-Afrika se naasbelangrikste plaaslike kompetisie is die Poubloues koning.
Leon van Nierop se resensie: Ant-Man and the Wasp
Terwyl jy miere dalk as ʼn plaag sien wat jy met ʼn kannetjie Doom wil bykom, is hulle hier eintlik vriendelike helde, veral die parmantige Ant-Man.
Brandstofpryse: Regering gevra om in te gryp
“Die debat is noodsaaklik op hierdie tydstip, aangesien ek glo daar alternatiewe middele deur die regering gevind kan word om die toename in kostes te subsidieer.”