Daar is te veel moontlike permutasies om nou te bepaal watter spanne oor twee weke in die Superreeks se kwarteindronde sal speel, maar daar is ʼn goeie kans dat die Sharks nie daar sal wees nie.
Lees meerAlles vir Saterdag 7 Julie 2018
Kind (5) verdrink in huis se swembad
“Volgens berigte op die toneel is die vyfjarige deur familielede in die swembad aangetref.”
‘Nuwe franchise’e’ vat die pad na die haai Karoo
Die twee “nuwe franchise’e” wat deur die SA Rugbyunie (Saru) toegestaan is, is op pad na die haai Karoo om die SuperSport-reeks se eindstryd te betwis.
Man vas vir dwelms ná klagte van huishoudelike geweld
“Ná talle pogings het die beweerde verdagte die deur om 04:00 oopgemaak.”
Bulls veg soos Bokke terug ná groot agterstand
Die Bulls het Saterdagmiddag die Springbokke se resep van die eerste twee toetse gevolg en hul teenstanders in die eerste klompie minute ʼn deeglike voorsprong gegee voordat hulle reggeruk het.
Bekendstelling: Kattebak, of eerder olifantbak?
Toyota posisioneer die Rush onder die Fortuner. Ek kan sien waarheen hulle op pad is daarmee, die feit dat die Rush ook agterwielaangedrewe is, met 220 mm grondvryhoogte – maar, die Rush het nie vierwielaandrywing nie, en is ook glad nie met sewe sitplekke beskikbaar nie.
Hongkong met oud-Griekwa-hulp in WB-heruitdun
Hongkong het Saterdag met die hulp van drie gewese Griekwas sy plek in November se Wêreldbeker-heruitdun in Frankryk bespreek.
4 vas oomblikke ná rooftog, 1 gewond
Die polisie het blitsig gereageer en die verdagtes agternagesit. Daar het ʼn skietgeveg ontstaan en een van die verdagtes is in die proses gewond.
Ramaphosa: ‘Tyd vir praat is verby’
Pres. Cyril Ramaphosa het onder meer gesê Suid-Afrikaners is moeg daarvoor dat sakeondernemings in die land deur ʼn minderheid bestuur word en dat die tyd vir slagspreuke nou verby is. “Ons wil hê radikale ekonomiese bemagtiging en transformasie moet aan die orde van die dag wees.”
Vermiste Bloem-meisie opgespoor
“Die ma en die polisie is ongelooflik verlig.”
Boodskappe oor vermiste Bloem-meisie (12) onwaar
Die polisie in die Vrystaat het ʼn ernstige beroep gedoen op sosialemediagebruikers om nie meer ʼn boodskap dat Tlotliso Mokapane (12) van Bloemfontein opgespoor is rond te stuur nie.
Hurricanes in binnebaan, Waratahs bevestig tuis-kwarteindplek
Saterdag se drie wedstryde in Australasië het uitsluitsel gebring oor twee van die vier spanne wat hul kwarteindwedstryde in die Superrugby-reeks tuis sal speel.
Nóg ʼn springstoftoestel in KZN-Woolworths gevind
Een van die werknemers het op die toestel afgekom.
R1 000 000 vir inligting oor transitoroof aangebied
Twee van die transitomaatskappy se wagte is doodgeskiet tydens ʼn rooftog in die Oos-Kaap.
Lisensie-slenter: Polisie vra samewerking van slagoffers
Was jy dalk ʼn slagoffer van dié slenter?
Pta-man (20) verdwyn in KZN-see
Daar is steeds geen teken van die 20-jarige man van Pretoria-Oos wat laat Vrydag in die see by Durban vermis geraak het nie.
Regering het nié Zwelithini se grond in die oog
Die regering het Vrydag gesê die verkeerde indruk is geskep rondom die beleid van onteiening sonder vergoeding as sou dit die grond van tradisionele leiers insluit.
McKinsey gaan byna R1 miljard aan Eskom terugbetaal
McKinsey, ʼn internasionale konsultasiemaatskappy, die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid en Eskom het Vrydag ʼn ooreenkoms bereik wat inhou dat McKinsey ingestem het om sowat R902 miljoen aan die nasionale kragvoorsiener terug te betaal.
Gedagte vir die dag: Geloof is alles
Die apostels het vir die Here gesê: “Help ons. Ons het meer geloof nodig.” (Lukas 17:5)