Sassa het verlede week fel deurgeloop onder kritiek ná duisende begunstigdes met leë hande moes terugkeer nadat hulle dae lank in rye gestaan het om te wag vir hul toelae.
Alles vir Maandag 9 Julie 2018
Gewilde omroeper vertel van noue ontkoming
“Ek het gedink ek gaan doodgeskiet word terwyl my twee seuns ʼn paar kilometer verder by die huis vir hul pappa wag om tuis te kom.”
Resep: Suikermieliesop
Heerlik vir die winterkoue!
Baba oorleef koeëlreën waarin pa langs hom sterf
ʼn Vier maande oue baba het Sondag oorleef ná sy pa reg langs hom doodgeskiet is terwyl hulle gelê en slaap het.
Verdoemende aantygings teen VBS Bank
VBS-direkteure het glo miljoene rande aan omkoopgeld aan politici en hoof- uitvoerende beamptes by die passasierspooragentskap (Prasa) en die openbare beleggingskorporasie (OBK) betaal om sodoende die deponering van openbare geld in die bank te fasiliteer.
Vier beseer in Midrand-botsing
Vier mense is beseer in ʼn laataandbotsing op die N1.
Die Mantashe-mynbouhandves – die skade duur voort
Baie meen die nuwe Mantashe-handves wat nou vir kommentaar gepubliseer is, is beter as die vorige handves wat bekendgestel is deur die nou berugte Mosebenzi Zwane. Tog is die mate van verbetering in Mantashe se “onderhandelde skikking” debatteerbaar.
Gedagte vir die dag: Totdat Hy terugkom
Hy het sy tien slawe geroep en aan hulle tien goue muntstukke gegee en gesê: “Gaan doen besigheid daarmee totdat ek kom.” (Lukas 19:13)