Een van die verdagtes is ’n vrou wat verbonde is aan die Tshwane-metropolisie.
Alles vir Dinsdag 10 Julie 2018
Thailand-grotdrama: Só word seuns uit grot gered
Dit het Maandag deur die nag gereën en dit kan die reeds gevaarlike reddingsoperasie vandag net nog ingewikkelder maak.
Varsgebekkig: Te klein vir ‘n tafeldoek, te groot vir ‘n servet
Die Varsgebekkig- uitdrukking vir die week is “te klein vir ‘n tafeldoek, te groot vir ‘n servet”
Hap saam met Lochner: Roosmaryn-sosaties
Hierdie sosatie het nie net ʼn roosmaryngeur nie, maar ʼn roosmaryntakkie dien as die sosatiestokkie!
Eskom verwelkom McKinsey se verskoning
“In ooreenstemming hiermee sal ons poog om die res van die betaling vanaf Trillian, wat nie deel van die skikkingsooreenkoms was nie, terug te kry deur ʼn regsproses saam met die nasionale direktoraat van openbare vervolging.”
Boek: Man sonder weerga
Hierdie omnibus is ʼn samestelling van drie van Bets se vorige Romanzas, Die towerformule, Liefste Valentyn en Engel sonder vlerke. Al drie verhale het ʼn hospitaal-, of mediese agtergrond.
19-jarige op kleinhoewe geskiet
ʼn Jong man is Maandagaand, skaars ses dae voor sy 20ste verjaardag, op ʼn kleinhoewe buite Pretoria geskiet toe hy die voëls waarmee hulle boer gaan kos gee het.
Grapjas-aktrise se eersteling gebore
“Sy’s hier! Ons kosbare baba Zoe het Saterdag arriveer en ons is halsoorkop verlief,” het die aktrise geskryf.
Vroue terug in hof oor fetusse in vrieskas
ʼn Verklaring van die ondersoekbeampte in die saak het vroeër onthul hoe hy ʼn kliniek deursoek het en in ʼn vrieskas op rooi sakke met gevriesde fetusse afgekom het.
Vermeende rower wil ‘bom’ in winkel laat ontplof
Die vermeende rower het glo ʼn tienjarige seuntjie buite die winkel gevra om ʼn bruin koevert aan die bestuurder van die winkel te oorhandig. Daarin is geëis dat hy geld in ʼn sak sit en dit buite die winkel neersit om te verhoed dat ʼn bom binne die winkel ontplof.
Is petrolbelasting net ’n handige melkkoei vir die staat?
Die petrolprys gryp aan al wat ’n Suid-Afrikaner is se sak, in so ’n mate dat president Cyril Ramaphosa ’n spesiale komitee van ministers aangestel het om te kyk wat daaraan gedoen kan word.
Man vas ná hy bejaarde oorval, beroof
Die man het glo sy gesig met ʼn kussing verberg toe hy haar kamer binnegekom het, maar ook dieselfde kussing gebruik om dit oor haar kop te sit sodat sy hom nie kon sien nie. Hy het sy vingers in die bejaarde vrou se keel gedruk om te verhoed dat sy om hulp kon roep.
Nóg ʼn motorreus in die sop oor vervalste data
Dít kom kort nadat die vervaardiger in Oktober verlede jaar nagenoeg 1,2 miljoen voertuie herroep het.
Die vurk in die pad
Ons staan elkeen nou by die vurk in die pad – watter kant toe?
Gedagte vir die dag: Die skoonheid van die Bybel
Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie. (Johannes 1:1-3)