Moord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin?
Alles vir Woensdag 11 Julie 2018
Esbé Koster-moord: 18-jarige terug in hof
Marius du Toit, Pooe se regsverteenwoordiger, het vroeër aan Maroela Media verduidelik indien die beskuldigde se getuienis wel verkeerd vertolk is, skep dit ʼn wesenlike probleem en sal daar vrae ontstaan rondom al die getuienis wat gelewer is die dag wat dié betrokke tolk aan diens was.
Geen oplossing in sig vir Grey-konflik
“Mnr. Scheepers is heel duidelik nie oop vir gesprek om ʼn oplossing vir die probleem by Grey Kollege te vind nie. Sy optrede nou, en voor 15 Mei 2018, is duidelik nie in die beste belang van Grey Kollege nie.”
Wat kan ek doen as ek deur kuberboelies afgeknou word?
Afknouery vind nie net meer op die skoolterrein plaas nie, maar die kinders vat hulle boelie saam met hulle huis toe, as gevolge van elektroniese toestelle soos selfone, rekenaars en die internet – kuberafknouery.
Nóg ʼn Woolworths-produk herroep weens listeriose-kommer
Woolworths SA het nóg een van sy produkte herroep nadat dit aan die lig gekom het dat die verskaffer van die produk ʼn moontlike bron van Listeria is.
Dele van Pretoria gaan dae sonder krag wees
Inwoners in verskeie dele van Pretoria-Oos gaan ʼn paar dae sonder elektrisiteit moet klaarkom nadat die Wapadrand-substasie Dinsdag heeltemal deur ʼn brand verwoes is.
Gedagte vir die dag: ’n Tydelike lewe
In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense. (Johannes 1:4)