Die dubbeldoortoernooi om Afrika se Silwerbeker het Saterdag ʼn enorme skok in Mufulira, Zambië, én ʼn groot verrassing in Toulouse, Frankryk, opgelewer.
Lees meerAlles vir Saterdag 14 Julie 2018
Samoa kry RWB-plek; twee uit SA druk drieë
Samoa het op lange laas sy plek in aanstaande jaar se toernooi in Japan om die Rugbywêreldbeker bespreek.
Sharks dring deur, maar nou wag die Crusaders
Dis die Sharks teen die Crusaders in Christchurch en die Lions teen die Jaguares op Ellispark in die kwarteindronde van vanjaar se Superrugbyreeks.
Wimbledon: Duitser klop Serena Williams
Angelique Kerber het Saterdag binne twee stelle met Serena Williams in die vroue-enkelspeleindstryd op Wimbledon afgereken.
Foto’s: Inwoners maak harte (en beursies) oop vir substasie-werkers
Inwoners van Pretoria-Oos word geloof vir hul goedhartigheid terwyl werkers spook om ʼn substasie, waar ʼn brand vandeesweek uitgebreek het, te herstel.
Die vreugdevure brand baie hoog op Ellispark
ʼn Kwarteindwedstryd, ʼn halfeindstryd en ook die moontlikheid van ʼn eindstryd op Ellispark wink nou vir die Lions nadat hulle Saterdag op Ellispark die Bulls met 38-12 in hul laaste groepwedstryd afgeransel het.
Wimbledon: Dis Djokovic teen Anderson
Novak Djokovic het Saterdag op Wimbledon met Rafael Nadal afgereken en vir homself ʼn plek teen Suid-Afrika se Kevin Anderson in die eindstryd verseker.
VF Plus in Sedibeng dien klagte in teen EFF
Die VF Plus in die Sedibeng-stadsraad het ʼn amptelike klag by die raad se speaker ingedien na aanleiding van EFF-raadslede se voortdurende onbehoorlike gedrag, intimidasie en kwaadwillige saakbeskadiging binne die raadsaal.
Kaapstad waarsku oor vertragings weens Poskantoor-staking
Die stad was tot dusver nie geraak deur die voortgesette staking nie.
Drie vas oor bejaarde se moord
Drie persone, twee mans en ʼn vrou, is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 85-jarige Hetta Potgieter.
Brumbies doen Lions ʼn groot guns
Die Lions se pad na ʼn tuishalfeind is nou ten volle in hulle eie hande.
PIC-hoof bedank ná getuienis oor VBS-bank
Die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) het Vrydag gesê sy hoof van regsadvies en nakoming, Ernest Nesana, het met onmiddellike effek bedank ná hy tydens die ondersoek oor VBS Mutual Bank getuig het.
Datum vir ANC-konferensie in KZN bepaal
Die ANC in KwaZulu-Natal het ʼn datum geskeduleer vir sy agtste provinsiale konferensie, maar die plek waar die konferensie gehou sal word, is nog nie bepaal nie.
Superrugby: Dit is nou in die Sharks se eie hande
Ai, as Suid-Afrikaanse spanne maar so kan hardloop, hanteer en geleenthede skep soos die Highlanders en die Rebels Saterdagoggend in Dunedin …
Mandela-gedenknote bekendgestel
Meer as 400 miljoen banknote en muntstukke met wyle pres. Nelson Mandela se gesig daarop word deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) vrygestel om die eeufeesherdenking van sy geboorte te vier.
Nuwe 1 000 m-rekord vir Semenya
Caster Semenya het Vrydagaand in die Diamantliga-reeks in Rabat, Marokko, haar Suid-Afrikaanse rekord in die 1 000 m verbeter.
Bron van paartjie se vergiftiging geïdentifiseer
Britse polisiebeamptes wat die vergiftiging van twee persone met die senumiddel Novichok ondersoek, glo hulle het die bron van dié dodelike middel gevind.
Wimbledon: Nadal/Djokovic-halfeind hervat Saterdagmiddag
Rafael Nadal en Novak Djokovic se halfeindstryd in die Wimbledon-tennistoernooi hervat Saterdagmiddag nadat dit Vrydagaand opgeskort is.
Voorsitter van taxivereniging in Jhb doodgeskiet
Die Alexandra, Randburg, Midrand en Sandton-taxivereniging (Armsta) het Vrydag bevestig sy voorsitter en nog ʼn lid is in Marlboro, Sandton, doodgeskiet.
R1,7 miljard se goedere by grensposte gekonfiskeer
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het sedert die begin van 2018 goedere en kontant met ʼn gesamentlike waarde van R1,7 miljard by verskeie grensposte gekonfiskeer.