Frankryk het Sondagmiddag as oorwinnaars uit die stryd gestap by Fifa se Wêreldbeker-toernooi in Rusland.
Lees meerAlles vir Sondag 15 Julie 2018
Skepdoel in beseringstyd beslis titel se tuiste
Daar is darem min, indien enigiets, opwindender as ʼn eindstryd wat in beseringstyd met ʼn skepdoel beslis word.
SA se staaluitvoere nie bedreiging vir VSA-sekuriteit nie, sê Davies
Suid-Afrika se staal- en aluminiumuitvoere na die Verenigde State van Amerika hou nie enige bedreiging in vir Amerika se nasionale sekuriteit nie, sê Rob Davies, minister van handel en nywerheid.
Haiti se eerste minister bedank ná betogings oor petrolprys
Haiti se eerste minister het Saterdag bedank te midde van gewelddadige betogings oor ʼn plan om die brandstofpryse dramaties te verhoog.
Wimbledon: Djokovic klop SA se Kevin
Suid-Afrika se Kevin Anderson kon nie daarin slaag om Sondagmiddag die Serwiër Novak Djokovic op Wimbledon in die eindstryd vir mans te klop nie.
Ontstoke inwoners slag 292 krokodille
Altesaam 292 krokodille is deur ontstoke inwoners geslag nadat ʼn inwoner deur ʼn krokodil doodgebyt is.
Video: Thailand-grot se oorlewendes binnekort ontslaan
ʼn Video wys dat dit goed gaan met die seuns en hulle bedank hul reddingswerkers en die publiek vir die goeie wense. Hulle vertel ook van al die kos wat hulle graag wil eet ná ‘n baie streng beheerde dieet.
Kluis by vulstasie oopgeblaas
Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van sakeroof nadat ʼn kluis by ʼn vulstasie in Uitenhage oopgeblaas is.
DA los probleme op oor kandidaatkeuringsproses
Die Demokratiese Alliansie het by die vergadering van sy federale raad besluit om regshulp in te roep om ʼn debat op te los oor die verkiesing van partykandidate.
Ondersoek ingestel oor dronk seemeeue
Hulle het boonop almal na bier geruik en reddingsbeamptes het bepaal dat die voëls inderdaad besope is.
Vrou van Tafelberg-staproete gered
ʼn 22-jarige vrou is Saterdagmiddag van die Skeleton-ravyn op Tafelberg gered.
Wimbledon: Anderson het toestemming vir spanbroek
Suid-Afrika se Kevin Anderson het toestemming gekry om af te wyk van Wimbledon se streng en tradisionele wit kleredrag-kode as gevolg van mediese redes.
Lions suig aan die agterspeen
Dis darem lekker om tong uit te steek.
Twee vermeende rowers doodgeskiet
Twee persone is doodgeskiet nadat ʼn groep gewapende rowers omstreeks 17:30 op ʼn supermark in die Kranskop-gebied in KwaZulu-Natal toegeslaan het.
‘Polisiebeampte’ slaan toe op biskop se huis
Die polisie in Giyani in Limpopo is op soek na ʼn man wat homself as ʼn polisiebeampte voorgedoen en ʼn plaaslike biskop van ʼn groot bedrag kontant beroof het.
Oom sit lank ná verkragting van minderjariges
ʼn 47-jarige man is agt keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy onder andere sy broerskind en stiefdogter verkrag het.
Ondersoeke oor Esidimeni-sterftes steeds nie afgehandel nie
Altesaam 45 ondersoeke van voormalige Life Esidimeni-pasiënte wat in onwettige NRO’s gesterf het, is nog nie afgehandel nie.
Video: SA maak skoonskip tydens Wêreldkoorspele
Die derde en laaste toekenningseremonie van die 10de Wêreldkoorspele het Saterdagaand in die Moreleta-kerk in Pretoria plaasgevind.
‘Dief’ kruip in die plafon weg
ʼn 19-jarige man is in hegtenis geneem nadat Dutywa-polisiebeamptes in die Oos-Kaap hom in die plafon van ʼn plaaslike hoërskool opgespoor het.
47-jarige vas oor seksuele aanranding van vierjarige
ʼn 47-jarige man is deur die Willowvale-polisie in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn vierjarige meisie seksueel aangerand het.