Die DA-leier, Mmusi Maimane, het besluit om die getwis binne sy party oor die posisie van die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, self te beredder.
Alles vir Dinsdag 17 Julie 2018
Boek: Karoo
In sy tweede fotoboek, Karoo, sit Louis Botha sy verkenning van die rykdom, kwesbaarheid en kompleksiteit van die Karoo en haar mense voort.
Opod ondersoek Bergville-boer se dood
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig ʼn ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn 80-jarige boer Maandag op sy plaas deur polisielede doodgeskiet is.
Man vas vir verkragting van verstandelik gestremde bejaarde
ʼn 33-jarige veroordeelde verkragter het Maandag in ʼn hof in Limpopo verskyn in verband met die verkragting van ʼn 78-jarige verstandelik gestremde vrou.
Oos-Kaap-polisie vra hulp ná twee moorde
“Die man se halfnaakte liggaam is in ‘n karavaanpark aangetref.”
Gedagte vir die dag: Die Brood van die Lewe
Julle moenie werk vir die kos wat vergaan nie, maar vir dié blywende kos wat lei tot die ewige lewe. Dit sal Ek, die Seun van die Mens, aan julle voorsien, want God die Vader het My daartoe bestem. (Johannes 6:27)