Eskom het twee opsies aangebied en vakbonde moet nou besluit of hulle die aanbiedinge aanvaar of verwerp.
Alles vir Woensdag 18 Julie 2018
Talle inwoners sê ‘nee’ vir voorgestelde biogasaanleg in Pretoria
’n Groep beswaarde inwoners in die ooste van Pretoria sê hulle is ten gunste van groen tegnologie, maar nié as ’n biogasaanleg in die middel van hul woonbuurt opgerig gaan word nie.
Behoeftige bejaardes se katarakte verwyder
ʼn Beperkte aantal behoeftige bejaardes se las sal ligter gemaak word deur katarakchirurgie. Ken jy iemand wat dit nodig het? Kyk hier hoe om aansoek te doen:
Verbruikersake: Ongevraagde goedere en dienste
Ina Opperman verduidelik wat jou regte is wanneer ongevraagde goedere of dienste wel gelewer word.
Welkome besluit van Sanzaar oor skeidsregteraanstellings
ʼn Skeidsregter sal maar altyd in die spervuur wees en as rede vir spanne se neerlae verantwoordelik gehou word.
Vermy see by Clifton
“Enigiemand wat dus nou die see in dié omgewing gebruik, doen dit op hul eie risiko.”
Superrugby-kwarteindstryd: Is dit die regte span?
Jare gelede, toe Ian McIntosh nog die destydse Natalse rugbyspan afgerig het, het jy maar swaar daaraan gesluk wanneer hy sy span aangekondig het.
Singende kelner-ervaring in die hartjie van Pretoria
“Die kelners loop as’t ware tussen die gaste deur en trek dan, sonder waarskuwing, los met die mooiste en bekendste liedjies – en daar is iets vir almal.”
Man vas 30 jaar ná moord op 8-jarige
Die meisie is op 1 April 1988 ontvoer terwyl sy na ʼn maatjie se huis gestap het.
Woedende KZN-inwoners versper hoofweg oor brandstofpryse
Woedende motoriste het Woensdagoggend die N3-hoofweg in Pietermaritzburg en die N2 in Durban naby Chatsworth versper en geëis dat brandstofpryse verlaag word.
Ou konsensus in Westerse wêreld uitgedien
Die Weste, daardie bekende magtige trans-Atlantiese alliansie wat sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog op politieke en ekonomiese terrein die wêreld gedomineer het, is tans besig om ’n omvattende herskikking te beleef.
Handige wapen vir ANC in Kaapse kiesstryd
Die nuwe waterheffings wat die Kaapse metroraad pas aangekondig het, is deur die ANC aangegryp as ’n handige wapen om sy posisie in die Wes-Kaap in aanstaande jaar se algemene verkiesing te versterk.
KTM nooi jou vir die avontuur van jou lewe
As jy ʼn avonturier is met een van daardie oranje fietse, is daar vir jou goeie nuus.
’n Tikkie goeie nuus vir die plaaslike ekonomie
Volgens die IMF is dit die styging in kommoditeitspryse wat die groei sal aandryf.
Sosiale media gons oor ‘afstigting van die Kaap’
Die parlement het intussen ook op die berigte reageer.
Video: Politici ondersteun onwetend valse kinders-met-gewere-program
Die Britse komediant Sacha Baron Cohen se nuwe program, “Who is America”, wys hoe Amerikaanse Republikeinse kongreslede vermoedelik om die bos gelei word om ʼn valse program, “Kinder Guardians” te ondersteun wat ten doel het om skoliere te bewapen
Podlitiek: Mandela – waar het hy gewen, verloor en hoe onthou ons hom
In hul eerste spesiale episode breek die Podlitiek-span hierdie week so ʼn bietjie die gewoonte van nuusonderwerpe, en fokus in op een onderwerp – spesifiek die werk en impak van oudpres. Nelson Mandela wat oor die algemeen helder en deurdagte kritiek, lof en analise vryspring.
‘Transitorower’ werk glo vir ANC
Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, het Woensdag onthul dat ʼn verdagte wat onlangs in verband met ʼn transitorooftog in hegtenis geneem is, glo by die ANC se hoofkantoor in dié stad werk.
Klubrondomtalie: Springs slaan byna SA rekord
Springs het Saterdag so hittete die Suid-Afrikaanse rekord vir die grootste oorwinning in ʼn senior klubwedstryd geslaan.
Vrou ná verloofde se skietdood: ‘Ek wil nie hê dít moet my storie wees’
Op 4 Januarie 2017 het Donett Havenga se lewe handomkeer verander toe haar verloofde koelbloedig doodgeskiet is. Vandag is sy ʼn sterker vrou op haar pad na genesing, met ʼn onblusbare waardering vir die lewe en ʼn aangrypende storie om te vertel.