Die twee losskakels van die Lions en die Jaguares is Saterdag in die spervuur wanneer hulle in die Superrugby-kwarteindstryd op Ellispark teen mekaar speel.
Lees meerAlles vir Vrydag 20 Julie 2018
SA weier versoek om Indiese staatshoof te arresteer
Die Indiese eerste minister is van 25 tot 27 Julie in Suid-Afrika vir die tiende Brics-beraad wat in Johannesburg gehou word.
Man beken skuld vir moord op Olimpiese medaljewenner
Die Olimpiese figuurskaatser het talle steekwonde opgedoen en het in ʼn hospitaal weens erge bloedverlies gesterf.
Makhura: ‘Regering versaak bruin gemeenskappe’
Volgens Makhura kla die bruin gemeenskap dat hulle “gedurende die apartheidsjare nie wit genoeg was nie en in die demokratiese Suid-Afrika nie swart genoeg is nie”.
Hartontvanger se ‘ekstra tyd’ ná kwarteeu verby
“Ek is verskriklik hartseer en ek huil aan mekaar, maar ek is so dankbaar. So dankbaar vir die tyd wat die Here hom gegee het, so dankbaar vir die mooi manier waarop die Here hom gevat het.”
Vermiste skoolhoof gevind
Phillip du Plessis, skoolhoof van die Sandringham High School in Johannesburg wat sedert 4 Julie vermis was, is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal opgespoor.
ToekomsVenster: My huis sal ’n huis van gebed wees
Soek allereers die koninkryk van God en sy geregtigheid (en die wil van God) en al die ander dinge sal vir julle bygevoeg word. Doen dit ook in jou persoonlike lewe.
Wêreldkoorspele: ‘As ‘Die Stem’ gesing word kan ‘Thina Sizwe’ gesing word’
“As ons as ʼn nasie die nasionale volkslied met ‘Die Stem’ sing, wat verband hou met ons apartheidverlede, moet ons ook as ʼn span die sing van stryd- en protesliedere van ons land se pynlike verlede kan ondersoek.”
Beeldmateriaal wys vermiste skoolhoof was ‘verward’
Du Plessis se susterskind het aan Maroela Media gesê daar het intussen nuwe beeldmateriaal in verband met Du Plessis se verdwyning aan die lig gekom.
Ouers oorstelp ná mediese fonds dekking toestaan
“Ons is totaal oorbluf. Ek tjank al die hele dag my oë uit my kop uit en ek is só ontspanne vir die eerste keer in maande.”
Hurricanes dring deur, maar is hulle kampioenmateriaal?
Nóg ʼn teleurstellende driekwartvol stadion, nóg ʼn oënskynlike blaps deur ʼn televisieskeidsregter en nóg ʼn Superrugby-halfeindstryd vir die Hurricanes.
Die wêreld in foto’s – 20 Julie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Tydelike werker vas vir moord op Reitz-man
Goeie speurwerk deur die polisie het daartoe gelei dat ʼn voormalige tydelike werker in hegtenis geneem is kort ná die moord op Attie le Roux (70), ʼn inwoner van Reitz in die Vrystaat.
Antwoorde gesoek oor nuwe uitvoerkwota vir leeubene
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag ʼn aansoek gebring om die departement van omgewingsake (DOS) te verplig om inligting bekend te maak oor hul besluit om die uitvoerkwota van leeugeraamtes te verhoog.
Manana by ANC-konferensie uitgejou
In teenstelling daarmee is Dlamini-Zuma met luide applous en toejuiging begroet toe haar naam net voor Manana sʼn uitgelees is.
Grey-drama: Bekende oud-Grey as skoolbestuurder aangestel
Dié legendariese oud-Grey-adjunkhoof het teruggekeer na dié skool as tussentydse skoolbestuurder nadat hy in 2016 afgetree het.
Jaagduiwel ry glo meer as 240 km/h
“Hy is op die toneel in hegtenis geneem en na die Villiers-polisiestasie geneem en sal aangekla word van roekelose bestuur en oorskryding van die spoedgrens.”
Kwarteindstryd: Word die Sharks na die slagpale gelei?
Dit sê darem baie min van die Sharks se vermoë as hulle byna geen kans gegun word om die Crusaders Saterdagoggend in Christchurch in die kwarteindronde van die Superrugbyreeks te klop nie.
Wêreldbeker: Reg-of-weg wag op die Blitsbokke
In Wêreldrugby se sewesreeks, wat nou twee jaar ná mekaar deur Suid-Afrika gewen is, het veral die sterker spanne met die groepfasestelsel feitlik altyd die luuksheid om ʼn moontlike vroeë neerlaag in te haal.
Pensioentrekkers vuisvoos vir skande op skande by VBS
“Pensioentrekkers en werkers is al te vuisvoos van skande op skande. Hulle het al gewoond geword daaraan dat daar roekeloos met hul pensioengeld omgegaan word en dat niks daaraan gedoen word nie.”