Ontleders sê die ondersoek is noodsaaklik omdat staatsdienswerkers se geld betrokke is. En dat wanbestuur ’n invloed op hul pensioenuitbetalings kan hê.
Alles vir Maandag 30 Julie 2018
Verbruikersake: So beskerm nuwe versekeringsreëls jou
Die nuwe weergawe van die Polishouersbeskermingsreëls, wat uitgevaardig is ingevolge die Wet op Korttermynversekering en die Wet op Langtermynversekering, het begin Julie in werking getree en bied verbruikers nou nog meer beskerming wanneer hulle versekering uitneem.
Man vas vir moord op broer
ʼn 21-jarige man is Sondag in hegtenis geneem nadat hy glo sy 22-jarige broer in ʼn kuierplek met ʼn mes gesteek het.
Gautrein bied beperkte dienste
Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, het ʼn gebeurlikheidsplan in werking gestel ter voorbereiding vir ʼn staking van sy werkers wat Maandag begin.
[Foto’s] Vrou gered ná sy op berg val
ʼn Vrou in haar 60’s is Sondag deur reddingswerkers na veiligheid geneem nadat sy erg beseer is toe sy en ʼn groep mense in ʼn bergagtige gebied gaan voetslaan het.
Daar is lewe in ʼn pop!
Deur die oë van ʼn kind, kan ʼn pop werklik die rol van ʼn beste vriend vervul. Enige kind, en veral ʼn behoeftige kind móét ʼn pop hê.
Ramaphosa en sy wilde grondleeu
Ramaphosa sal die leeu moet tem, maar om ʼn wilde leeu uit te span, is geen grap nie.
Gedagte vir die dag: Gehoorsaam die Here se opdragte
As julle My liefhet, sal julle my opdragte gehoorsaam. (Johannes 14:15)