Babin skryf verder dat ons elkeen verantwoordelikheid moet neem om mense te lei in ons gemeenskap. Onthou, jy is Dawid.
Alles vir die maand Julie 2018
Bozen, ’n hoofstad met letsels
Die oorwinningsmonument en ander fascistiese geboue herinner aan ’n slegte episode in die streek se lang geskiedenis en dit is soos ’n letsel wat aan ’n ou wond herinner. Die verwydering van die uiterlike letsel verwyder egter nie die innerlike pyn nie.
ANCYL bankrot ná versuim om Zille-geld te betaal
Die versuim om die regskoste te betaal het tot gevolg gehad dat die Johannesburgse hooggeregshof ʼn bevel uitgereik het om die ANCYL bankrot te verklaar.
Staal jou dán vir beurtkrag
“Verbruikers moet hul beurtkrag-skedules gereeld dophou op Eskom se webwerf en beplan asof beurtkrag sal plaasvind,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.
Pa wat glo kinders vermoor vir sielkundige waarneming gestuur
Hy het sy drie seuns, tussen twee en sewe jaar oud, glo tydens ʼn huishoudelike geskil in hul slaap doodgekap.
Gedagte vir die dag: Die vrede wat Jesus gee
Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie. (Johannes 14:27)
Huldeblyke stroom in vir krieketskrywer Michael Doman
Huldeblyke stroom in vir die bekroonde krieketskrywer Michael Doman wat Sondagaand in die ouderdom van 57 oorlede is.
Staatskapingkommissie ondersoek bewerings oor sekuriteitstender
Die kommissie wat ondersoek instel oor staatskaping in Suid-Afrika het Maandag gesê hy ondersoek bewerings dat die kommissie ʼn filiaal van ʼn maatskappy, wat van korrupsie beskuldig word, aangestel het om sekuriteit vir die kommissie te verskaf sonder dat behoorlike tenderprosedures gevolg is.
Departement sal Grace Mugabe-uitspraak bestudeer
Die departement van internasionale betrekkinge het gesê hy sal die uitspraak, wat Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof gelewer is, bestudeer. Die hof het beslis dat die diplomatieke immuniteit wat aan Grace Mugabe toegestaan is, ter syde gestel word.
Vier in hof oor PE-man se moord
Christine Russouw (55) en haar twee kinders het Maandag saam met Ronald Swartz (24) in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn in verband met die moord op Petrus Scholtz (70).
81-jarige op Groblersdal-plaas aangeval
ʼn Volskaalse soektog is deur die polisie in Limpopo van stapel gestuur ná ʼn rooftog op ʼn plaas in Groblersdal.
Beurtkrag dreig oor ontwrigting in steenkool-aflewering
Eskom het bevestig dat steenkool-aflewering by sommige van sy kragstasies ontwrig is weens ʼn betoging deur werknemers Maandagoggend. Dit kan moontlik tot beurtkrag lei.
ToekomsVenster: Die Heilige Gees is met jou
In die ou Testament het die Heilige Gees op sommige persone en met die oog op ʼn spesifieke taak gekom. In die Nuwe Testament word die Heilige Gees gegee aan elkeen wat Jesus as Verlosser en Here bely.
Die wêreld in foto’s – 30 Julie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Smuts-plaasmoord: Vonnisverrigtinge uitgestel
Maatskaplike werkers het beweer hulle het nie genoeg tyd gehad om die nodige dokumente saam te stel nie.
6-jarige se lyk gevind ná moordenaars R5 000 eis
“Ons wou haar lewe red, maar het nie die geld gehad wat hulle geëis het nie.”
Brandstofpryse vir Augustus aangekondig
Die brandstofpryse vir Augustus is deur die departement van energie aangekondig.
Twee stukkies goeie nuus vir Lions oor beseerdes
Die Lions het sedert Saterdag asem opgehou dat hul blitsige Springbok-vleuel Aphiwe Dyantyi saam Christchurch toe kan vertrek vir Saterdag se Superrugby-eindstryd teen die Crusaders. En toe kry hulle sommer ʼn bonusbrokkie goeie nuus.
Handelsnaamkompetisie: Inskrywings sluit binnekort
Ondernemings met treffende Afrikaanse name moet gou spring om seker te maak dat hulle ook vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se handelsnaamkompetisie inskryf.
Deregulasie van brandstofprys is ingewikkeld
Op kort duur kan die skrap van belastingheffings die brandstofprys verminder, maar die regering sal die verlies aan inkomste net weer op ʼn ander wyse moet invorder.