Te midde van die aankondiging vroeër vandeesweek dat Suid-Afrika se werkloosheidskoers nóg verder toegeneem het, het Johannesburg se werkloosheidskoers afgeneem.
Alles vir Donderdag 2 Augustus 2018
Zim-verkiesing: Drie betogers doodgeskiet
Drie mense is Woensdag tydens gewelddadige betogings in Zimbabwe doodgeskiet toe soldate glo met skerp ammunisie op die skare losgebrand het.
Vandag se sportnuus
Intussen loop sake heeltemal skeef vir die span van Suid-Afrika wat by die Afrika-kampioenskapsreeks in Nigerië is.
Nuuskommentaar: Uit Afrika uit
Wat het grondonteiening sonder vergoeding en die Zimbabwiese verkiesing met mekaar in gemeen?
Boek: Wanneer is eendag?
‘Wanneer is eendag?’ is ʼn feetjieboek vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
Lesersbrief: Die waarde van papiergeld
Bates en eienaarskap is dus een van die belangrikste boustene van ʼn papiergeldstelsel waar note werklike waarde het en dit behou. As eienaarskap in gedrag kom, tuimel die waarde van bates én die geldeenheid, soos wat in Zimbabwe gebeur het.
Vermiste meisie dood gevind
Die soektog na ʼn 13-jarige meisie wat sedert Saterdag vermis is, het hartseer geëindig toe haar liggaam Woensdagmiddag gevind is.
Gautrein-staking: Beperkte diens vanaf twee ekstra stasies
Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, het sy gebeurlikheidsplan aangepas terwyl ʼn staking van sy werkers die vierde dag intree.
Gevaar vir beurtkrag is groot
Eskom het gesê die kans dat beurtkrag Donderdag in piektye toegepas kan word, is groot.
Gedagte vir die dag: Stilte
“Wees stil en weet Ek is God!” (Psalm 46:11)