ʼn Ugandese rugbyspeler se driedrukrekord het Saterdag kortstondig in die rekordboek gestaan, voor sy neef dit skouspelagtig by hom afgeneem het.
Lees meerAlles vir Saterdag 4 Augustus 2018
Brasilië skok Georgiërs tuis in Somerbeker
Brasilië het vir ʼn eersterangse skok gesorg deur ʼn Georgiese Vyftiental Saterdag in die toernooi om die Somerbeker in Tbilisi, Georgië, te verslaan.
Wag wat kinders glo molesteer se saak uitgestel
Die voorverhoorverrigtinge van ʼn veiligheidswag wat skoliere van die AB Xuma Primary School verkrag en seksueel aangerand het, is uitgestel toe sy regsverteenwoordiger nie Vrydag in die hof opgedaag het nie.
Grondonteiening: ‘ANC is roekeloos en onverantwoordelik’
“Grondonteiening sonder vergoeding is nie die silwer koeël wat geregtigheid sal verseker nie. Om die waarheid te sê, presies die teenoorgestelde. Dit sal privaat eiendomsregte ondermyn en ons ekonomie en werkskepping seermaak.”
Vrou doodgeskiet pas ná skolier sterf
“Dit is ʼn vreeslike tragedie. Die afsterwe van die kind is baie hartseer, maar dit is net so erg dat ʼn weerlose vrou koelbloedig vermoor is.”
Nuwe liefde vir Dewani ná hy vrygespreek is van moord
Dit het aan die lig gekom Anni Dewani se wewenaar het ʼn verhouding met ʼn man aangeknoop, minder as vier jaar nadat hy vrygespreek is op aanklag dat hy haar tydens hul wittebrood vermoor het.
Lions val weer oor die laaste hekkie
Platgeslaan, maar die Lions kan hul koppe met trots omhoog hou.
Afrikaanse fliek wen beste regisseur-toekenning oorsee
Dit is pas aangekondig dat regisseur en draaiboekskrywer, Nosipho Dumisa, die Cheval Noir Jury-prys gewen het vir beste regisseur by die Fantasia Internasionale Rolprentfees in Montreal, Kanada, vir haar eerste speelfilm, NOMMER 37.
Brandstigting by skool in Oos-Kaap ondersoek
Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van brandstigting by ʼn skool in Centane, King William’s Town.
SAID lê beslag op meer as R9 miljoen by Jhb-lughawe
Doeanebeamptes het die afgelope week verskeie deurbrake gemaak by talle grensposte, waaronder meer as R9 miljoen kontant wat onderskep is onderweg van Suid-Afrika na Dubai.
Man gevonnis wat met plase se elektrisiteitsmeters peuter
Gerhard Ferreira is Vrydag in die Kroonstad-landdroshof gevonnis op aanklag dat hy met elektrisiteitsmeters op plase in die Vrystaat gepeuter het.
Werkloosheid in Vrystaat kommerwekkend
Werkloosheid in die Vrystaat is aan die toeneem en die politieke wil bestaan nie by die ANC om die groeiende probleem aan te spreek nie, het die VF Plus in ʼn verklaring gesê.
Goeie nuus ná baba met olie brand
Klein Jaydené Croucamp wat byna drie weke gelede met kokende olie gebrand het, is uit die hospitaal ontslaan.
Tydelike skikking by Huis Davidtsz bereik
Sake by Huis Davidtsz in die Pretoriase middestad het voorlopig na normaal teruggekeer nadat stakende werkers ‘n tydelike skikking met die sentrumbestuur bereik het. Die…
Vuurwapens tydens aanval op polisiestasie gesteel
Die polisie in die Oos-Kaap het ʼn groot soektog van stapel gestuur ná vier gewapende mans Saterdagoggend omstreeks 01:30 op die Kareedouw-polisiestasie toegeslaan het.
KVBA wil met Gautrein-staking help
Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het Vrydag aangebied om bystand te verleen waar loononderhandelings tussen die vakbond Untu en Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, vasgeval het.
Skokvideo van kindermishandeling nié in SA
Skokkende beeldmateriaal wat op sosiale media en oor WhatsApp versprei word van kindermishandeling, is nie in Suid-Afrika verfilm nie.
SAPD beveel om inligting oor oud-MK-lede bekend te maak
Dit het geblyk uit die SAPD se optrede dat hulle onregmatig wou voortgaan met die bevordering van NSF-lede.
VSA wil Zim se verkiesingsuitslae sien
Jeff Flake, senator van Arizona in die VSA, het Vrydagaand ʼn beroep op die Zimbabwiese verkiesingskommissie gedoen om gestand te doen aan sy belofte oor deursigtigheid en alle inligting oor stemmery vry te stel.
Gedagte vir die dag: Glimlag
Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!” (Filippense 4:4)