Die polisie is ontbied en Marna se liggaam is in die badkamer aangetref. Sy is vermoedelik verwurg en daar was ʼn handsakband om haar nek.
Alles vir Maandag 6 Augustus 2018
Gautrein-staking duur voort
Die Gautrein was weens die staking nie oor die naweek beskikbaar nie en ʼn beperkte treindiens sal vandag gedurende spitstye beskikbaar wees.
Indian Chieftain Dark Horse – Gemaklike langpad-fiets
Dit is ʼn formidabele fiets met uitstekende afwerking en skoon lyne wat maklik ʼn plekkie in my ideale garage sal kan volstaan, skryf Brian Cheyne.
Vandag se sportnuus
Die Bokke se afrigter, Rassie Erasmus, sal vandag sy groep aankondig vir die Rugby-kampioenskapsreeks wat op 18 Augustus afskop. Die span word om 11:00 bekend gemaak.
Lombok-eiland: Toeriste ontruim; dodetal styg ná aardbewing
Buitelandse en Indonesiese toeriste word ontruim van die gewilde vakansie-eilande noordwes van Lombok ná ʼn sterk aardbewing Sondag die gebied getref het.
Televisiester Charlotte Rae (92) oorlede
Die aktrise Charlotte Rae is in die ouderdom van 92 oorlede.
Vier mans koelbloedig in KZN doodgeskiet
Die polisie in Nquthu, ongeveer 50 km oos van Dundee in KwaZulu-Natal, is op soek na die persone wat vier mans Saterdagaand doodgeskiet en ʼn vrou gewond het.
Polisieman en makkers vas oor vuurwapens, gesteelde motors
ʼn 36-jarige polisiebeampte is saam met vier verdagtes in hegtenis geneem in verband met gesteelde voertuie en ongelisensieerde vuurwapens.
‘Miljoene in Polokwane wanbestee’
Die blatante verontagsaming van munisipale beleid deur die ANC-beheerde Polokwane (Pietersburg)- plaaslike munisipaliteit is uiters kommerwekkend, omdat dit besig is om tot die verlies van miljoene rande te lei, aldus die VF Plus.
Gedagte vir die dag: Kompliment
’n Goeie mens bring uit die oorvloed goeie dinge in sy hart goeie dinge te voorskyn en ’n slegte mens bring uit die oorvloed slegte dinge in sy hart die slegte te voorskyn. (Matteus 12:35)