Die staking van twee weke deur Gautrein-werkers het tot ʼn einde gekom nadat die werkers en Bombela, wat die Gautrein bedryf, ʼn skikking bereik het.
Alles vir Maandag 13 Augustus 2018
Man deur aanvallers in polisiesel doodgeskiet
Die man sou vandag in die hof verskyn het.
Agri SA kap na AfriForum oor ‘onteieningslys’
Agri SA het Maandag uitgevaar teen AfriForum se bekendmaking van ʼn lys plase wat na bewering geoormerk is om sonder vergoeding onteien te word en aangevoer dié bekendmaking het tot paniek onder grondeienaars gelei.
Woord: lukraak
Waar kom die woord “lukraak” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in
Eskom dreig werknemers met stappe ná stakings
NUM en Numsa het gesê hulle sal slégs ʼn ooreenkoms teken as Eskom die voorneme van dissiplinêre stappe laat vaar.
Geboue brand in Houtbaai ná ‘stroper’ vermis raak
ʼn Groep ontstoke inwoners het Sondag in Houtbaai in Kaapstad opgeruk en minstens twee geboue, waaronder ʼn pakkamer van die departement van landbou, bosbou en visserye, aan die brand gesteek.
‘Daar bestaan geen onteieningslys nie’
Te midde van wydverspreide kommer onder boere en grondeienaars het die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming gesê daar bestaan nie ʼn lys van eiendomme wat geoormerk is om sonder vergoeding onteien te word nie.
Koop-’n-Afrikaanse-boekdag: Hier kan jy afslag kry
Dinsdag 14 Augustus is “Koop-‘n-Afrikaanse-boekdag”! Hier is ‘n paar boekwinkels wat op dié dag afslag aanbied.
Kom nou, Suidelike Halfrond, steek lekker tong uit
Dis glad nie moeilik om die All Blacks, Springbokke, Wallabies en Poemas voor ʼn rugbytoetswedstryd in die Rugbykampioenskap op te sweep nie.
Koben en sy Rex word herenig
“As ons die hond gesoek het, het hy op Koben se bed gelê en wag vir hom om terug te kom.”
Tekenprent: Ek sou kon doen met ‘n miljoen
Die tekenprentkunstenaar Jerm deel hierdie tong-in-die-kies-tekenprent met Maroela se lesers.
Toeris wat foto’s neem deur seekoei doodgebyt
Die styging in damvlakke dra glo by tot ʼn toename in seekoeiaanvalle aangesien die diere nader aan hotelle en plase moet beweeg vir voldoende weiding.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 13 Augustus 2018
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Grondwethof beslis oor NVG-hoofde
Die konstitusionele hof het Maandag beslis die verwydering van Mxolisi Nxasana as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) was ongrondwetlik en dat die aanstelling van Shaun Abrahams in sy plek ook ongrondwetlik was.
Inhegtenisneming lei tot groot perlemoenvonds
Die inhegtenisneming van twee buitelandse mans het tot die beslaglegging op perlemoen van nagenoeg R15 miljoen gelei.
Wen: ‘Kraakvars Classics’ weer in Pretoria aangebied
‘Kraakvars Classics’, met sangers soos André Schwartz en Henry van Dyk, is ʼn opwindende ligte klassieke musiekproduksie vir die kieskeurige musiekliefhebber. Twee gelukkige lesers staan elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na dié konsert.
Wag kritiek ná verdagtes losbrand
Volgens die polisie kon die veiligheidswag daarin slaag om vir hulp te roep op sy radio nadat hy geskiet is.
Nuuskommentaar: Ramaphosa – prins van los drade?
’n Gewoonlik gesaghebbende en gerespekteerde radioprogram het gisteraand geklink soos ’n lys van los drade in die land waar die vlamme van hoop vir regruk nog plek-plek hoog brand. Is pres. Cyril Ramaphosa besig om die mas op te kom of is die onlangse Rama-ekstase besig om in ’n Ramafobia te ontaard?
Resep: Hoe om basiese risotto te maak
Risotto is ʼn deftige rysgereg wat in baie restaurante bedien word, maar dit hoef nie tot restaurante beperk te word nie. Maak só jou eie risotto!
Gautrein-staking ‘dalk gou verby’
Ismail Vadi, LUR vir vervoer in Gauteng, het gesê hy is “versigtig optimisties” dat die voortslepende Gautrein-staking binnekort tot ʼn einde sal kom.